Leesplan inligting

Alles Oor Die Hemel — DroefheidVoorbeeld

All About Heaven - Grief

DAG 5 VAN 5

In die Bybel is daar baie beloftes en nuttige perspektiewe. Tog sal jy agterkom dat dit 'n stryd is om te lees of selfs om soos vroeër uit die Skrif baat te vind.



Dit is heeltemal normaal om so te worstel. Dit is ook goed om te weet jy het toestemming om soveel tyd te gebruik as wat nodig is. Mense verskil geweldig baie in hulle manier van rou. Ons het selfs 'n vriendin gehad vir wie dit twaalf maande geneem het voordat sy eens daaraan gedink het om weer 'n kerkbyeenkoms by te woon. Ek en Gill moes dit werklik baie versigtig benader. 



Die moeilikste deel om weer deel van die kerk te word, is die uitdaging om baie welmenende mense te ontmoet. Die proses om gesprekke te voer, kan egter negatief en uiters uitputtend wees. Ons het iemand gevra om vir ons sitplekke naby die deur te hou en het 'n paar minute laat opgedaag en gedurende die laaste lied of die slotgebed weer die kerk verlaat. Na 'n aantal maande was ons in staat om agter te bly en 'n paar minute te gesels, alhoewel selfs dit veeleisend was. Ons het 'n notatjie in ons kerk se nuusbrief geplaas om ons gedrag te verduidelik en selfs raad gegee hoe mense teenoor ons kon optree. Selfs met daardie versigtige voorbereiding, was die meeste dienste 'n uitdaging en nie regtig van hulp nie. Tog wou nie ek of Gill ons heeltemal onttrek nie.



Dit is ook belangrik om te verstaan hoe verskillend ons aan ons droefheid uiting gee en ons rou hanteer. Aanvanklik wou Gill met mense praat, soms vir lang tye, terwyl gesprekke met baie verskillende mense vir my uitdagend en nie van hulp was nie. Natuurlik wou kerklidmate en -leiers kom besoek aflê. Gill was baie dankbaar daarvoor, maar vir my was dit uitdagend. Uiteindelik het ons aan besoekers verduidelik dat gesprekke met baie mense my dreineer het, terwyl dit vir Gill 'n seën was. Sy het dus met die besoekers gesels en ek sou dan net teen die einde kom wanneer daar gebid word. Ons vriende het dit verstaan en uiteindelik was dit vir ons albei van waarde.



Professionele berading, veral deur Christelike bronne, kan van geweldig baie hulp wees. Sommige van ons gesinslede het veral hierby baat gevind. Dit is krities om gebedsondersteuning te kry en sonder skaamte daarvoor te vra en dit te ontvang. 



Vind verdere inligting oor David Oliver by www.davidoliverbooks.com   


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

All About Heaven - Grief

Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.

Ons wil graag vir Malcom Down Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.malcolmdown.co.uk/all-about-heaven

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid