Leesplan inligting

Alles Oor Die Hemel — DroefheidVoorbeeld

All About Heaven - Grief

DAG 1 VAN 5

Toe breek die dag aan. Een van my dogters het die oggend gebel om te sê dit is baie waarskynlik dat my ma se heengaan op hande is. Sy en haar suster sal probeer om betyds daar te wees om vir oulaas tyd met haar deur te bring. Ek het huistoe gejaag uit 'n besigheidsvergadering, maar was nie betyds daar nie. Terwyl ek by die huis in die sitkamer gesit het, het iemand aan die deur geklop. My twee dogters was voor die deur met 'n paar van my ma se besittings toe ek op dieselfde oomblik 'n oproep van my oudste seun, Joel, ontvang. Hy het ons deur sy trane heen vertel dat hy kanker het. 'n Paar dae later het hy weer gebel om te sê dat hy net maande, miskien slegs weke, oor het om te lewe. Sewentien uitputtende dae later was hy veilig in die arms van Jesus en ons was van hom ontneem.



In sulke omstandighede kom droefheid soos 'n sneltrein, of dit kan uitsypel deur die trane, soos skaars opmerkbare druppels sap uit 'n boom se bas. Dit kan jou kliphard laat skreeu, gil, of jou kop in 'n vriend se arms begrawe. Dit kan soos 'n mis van onophoudelike duisternis op jou neerdaal en jou vang wanneer jy dit die minste verwag. Dit kan jou in 'n toestand van skok en ongeloof laat. Dit kan jou gedagtes met woede vul. Dit volg jou bed toe en vul jou drome terwyl jy slaap. Jy beleef 'n terugspel van beelde in die proses om die trauma te verwerk terwyl jou denke probeer om van alles sin te maak. Al hierdie dinge, en selfs nog meer, vorm deel van droefheid.



Soms word jy in 'n virtuele tsunami van droefheid vasgevang wanneer, om een of ander rede, van diep binne-in jou 'n vloedgolf van emosie losbreek wat jy nie verwag het nie, nie ten volle verstaan nie en beslis nie kan weerstaan nie. Daar is oomblikke waarna professionele mense as "gereedheid" verwys, wanneer verskeie bydraende faktore presies in plek val en 'n onverwagte tsunami van droefheid plaasvind.



Ons lees in Psalm 23:4: "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig." Die Hebreeuse frase lui: "die vallei van die diepste donkerte". Droefheid is soos 'n lang, swart tonnel, pikswart en skynbaar met geen duidelike lig aan die einde nie. Soms, net af en toe, mag jy dalk klein speldeprikkies lig vir 'n oomblik of twee sien.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

All About Heaven - Grief

Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.

Ons wil graag vir Malcom Down Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.malcolmdown.co.uk/all-about-heaven

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid