Leesplan inligting

Die Bonatuurlike LeweVoorbeeld

The Supernatural Life

DAG 4 VAN 5

Weggesteek in Duidelike Sig


Intelligente boosheid — die Satan, demone, die mindere gode wat oor die volke regeer — weet nie alles nie. Hulle het nie die denke van God nie, en hulle kan dit ook nie binnedring nie. Ons is geneig om te veronderstel omdat hulle bonatuurlik is, hulle ook alwetend is. Dit is nie waar nie. Daar is net een alwetende Wese — God. Toevallig is Hy ook aan ons kant.



As gevolg van die sondeval het die Satan regmatige jurisdiksie oor ons almal gehad ... As gevolg van Adam se sonde het "die dood tot al die mense deurgedring" (Romeine 5:12). Die slang is vervloek, neergewerp om oor die doderyk te heers — die onderwêreld, of waarna ons as die hel verwys. As gevolg van die sondeval is almal bestem om te sterf en na die doderyk te gaan — waar die duiwel regeer.



Dit het alles verander toe Jesus die eerste keer gekom, en God se verlossingsplan vervul het, deur aan die kruis te sterf en uit die dood op te staan. Die eerste stap om Eden te herstel, was om 'n manier vir die mensdom te bied om die vloek van die dood te ontsnap. Almal wat glo, wat lede van God se familie en koninkryk is, is nie meer gyselaar van die vloek van die dood en die heer van die dooies nie. Dit is waarom Jesus, toe Hy sy bediening begin het om die koninkryk te laat herleef (Lukas 10:1-9), gesê het: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val" (Lukas 10:18). Jesus het geweet dat sy dood en opstanding die sondaar se skuld sou betaal; dit het die Satan met geen aanspraak op ons siele gelaat. Die koninkryk was die begin van die einde vir die heer van die dooies.



Ons moet, weereens, onthou wie ons is — en waar ons identiteit vandaan kom. Gelowiges, gesamentlik as kerk, word die liggaam van Christus genoem. Jesus se liggaam is opgewek. Ons sal opstaan omdat Hy opgestaan het (1 Korintiërs 15:20-23). Hy is die eersgeborene van die dooies. Ons is "die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is" (Hebreërs 12:23). Soos Johannes gesê het: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word" (Johannes 1:12). 



Die Satan het geen aanspraak op die kinders van God nie, omdat hulle uit die dood sal opstaan. Daar is geen rede om na die lewendes in die doderyk te soek nie.



God het nie sy plan aan enigiemand openbaar nie — of dit nou menslik of Goddelik, lojaal of teenstrydig was. Die besonderhede van hoe die Messias God se doel sou bereik, moes verborge bly. God sou hulle egter in besliste terme laat weet dat wanneer die Messias verskyn, Hy God in die menslike vlees sou wees, en die herstel van die koninkryk van Eden die einddoel was. [Dit] was net genoeg inligting om geloof in mense se harte aan te wakker en om die magte van die duisternis te lok om hul eie vernietiging in werking te stel.





Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Supernatural Life

Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel b...

More

Ons wil Logos by Faithlife bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lexhampress.com/product/53263/supernatural-what-the-bible-teaches-about-the-unseen-world-and-why-it-matters

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid