Leesplan inligting

Die Bonatuurlike LeweVoorbeeld

The Supernatural Life

DAG 1 VAN 5

Om Doelgerig te Lewe Terwyl Jy die Bonatuurlike Erken


Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Dit verklaar waarom — die sonde van afgodery nie net soos enige ander sonde sal wees nie. Dit sal dié sonde wees. Israel is geskep om aan God lojaal te wees; toe sy haar eerder tot ander gode gewend het, is sy in ballingskap weggestuur, en net soos die ander nasies verstoot. 



Dit is 'n kernrede waarom redding in die Bybel altyd deur geloof beskryf word. God is nie op die ou end op soek na beter gedrag nie. Hy is op soek na geloof — om met lojaliteit te glo. Wanneer ons kies om ons harte met die God van gode in pas te bring, sal Hy ons red. Wanneer ons 'n ander kies, saai ons wat ons eendag sal maai.



Vir ons vandag, om met lojaliteit te glo, beteken om te erken wat Jesus aan die kruis gedoen het omdat Hy God in [die] vlees was. Ons etiek en gedrag (ons werke) gaan nie daaroor om lojaal genoeg te wees sodat God ons kan verwelkom nie. Ons volg sy opdragte omdat ons Hom reeds gekies het. Sy opdragte sal lei tot ons geluk en tevredenheid omdat dit ons weglei van die vernietiging van onsself en ander. Dit bied 'n blik op die lewe in harmonie met God en die res van sy familie — ons familie – waarneembaar en onsigbaar, in sy koninkryk, die nuwe Eden ... 



Lidmaatskap van die familie van God het net een voorwaarde: onwrikbare geloof in die God van gode, wat in die persoon van Jesus Christus na ons toe gekom het. Daardie lidmaatskap verleen nie net wonderlike voorregte nie, maar bied ons ook 'n duidelike doel in die lewe. Die lede van die familie van God het 'n opdrag: om verteenwoordigers van God te wees om sy goeie heerskappy op aarde te herstel en die lidmaatskap van sy familie uit te brei. Ons is God se werktuie om die groot ommekeer wat in Handelinge 2 begin het, die geboorte van die kerk, die liggaam van Christus, na te streef totdat die Here terugkeer. Terwyl die bose soos 'n besmetting deur die mensdom versprei het, na die mislukking van die eerste Eden, so versprei die evangelie soos 'n teenmiddel deur dieselfde besmette gasheer. Ons is draers van die waarheid oor die God van gode, sy liefde vir alle volke en sy onveranderlike begeerte om by sy familie te woon in die aardse huis wat Hy sedert die skepping wou hê. Eden sal weer bestaan.



Dit is 'n wetenskaplike feit dat die wêreld se vastelande elke jaar verder uitmekaar dryf. Die vordering van "kontinentale drywing" word egter nie deur ons menslike sintuie waargeneem nie. Ons weet slegs dat dit plaasvind as gevolg van waarnemings wat ons maak nadat dit gebeur het. Netso is dit ook met die bestendige, onverbiddelike koms van die koninkryk van God. Ons kan nie met die blote oog waarneem hoe die domeine van die gode, die magte van die duisternis, elke dag krimp nie, of hoe die evangelie een vir een diegene bevry wat onder heerskappy gehou word nie. Dit is egter 'n onwaarneembare sekerheid.



Die kernbegrip om onsself in hierdie verhaal waar te neem, is om te besef dat God besig is om sy plan uit te voer, selfs al sien ons dit nie. Ons kan nie werklik daarop aanspraak maak om in die onsigbare, bonatuurlike wêreld te glo as ons nie glo dat God se geniale voorsienigheid aktief in ons lewens en die sake van die menslike geskiedenis aan die werk is nie. God wil hê dat ons doelgerig moet lewe — terwyl ons glo dat sy onsigbare hand en die onsigbare geeste wat aan Hom en ons lojaal is (Hebreërs 1:14), in ons omstandighede betrokke is sodat God se doelwit van 'n wêreldwye Eden, onstuitbaar vorentoe beweeg.



Elkeen van ons is noodsaaklik vir iemand se pad na die koninkryk en die verdediging van daardie koninkryk. Elke dag bied ons kontak met mense onder die heerskappy van duisternis en geleenthede om mekaar aan te moedig in die moeilike taak om ons doel in 'n onvolmaakte wêreld te vervul. Alles wat ons doen en sê, maak saak, alhoewel ons dalk nooit weet waarom of hoe nie. Ons werk is egter nie om te sien nie — dit is om te doen. Om deur geloof te wandel is nie passief nie — dit is doelgerig.





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Supernatural Life

Om die bonatuurlike werklikheid van die geestelike wêreld in die Bybel te erken, is noodsaaklik om die Bybel te verstaan. Hoewel ons nie alles kan sien nie, werk God agter die skerms om alles te vervul wat in die Bybel b...

More

Ons wil Logos by Faithlife bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://lexhampress.com/product/53263/supernatural-what-the-bible-teaches-about-the-unseen-world-and-why-it-matters

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid