Leesplan inligting

Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld

Finding Rest in the Rhythms of Life

DAG 4 VAN 10

 


Die Ritme van Nadenke



Ons denke is in 'n puik toestand wanneer daar geen afleidings is nie. Wanneer ons onsself tot nadenke stem, help dit ons voorberei om "ore te hê wat hoor" wat God vir ons wil sê. Wanneer ons eers die geweldige toegeneentheid en omgee wat God vir ons voel, begin verstaan, besef ons dat Hy inderdaad begeer om in gemeenskap en verbintenis met ons te wees. 'n Lawaai, gejaagdheid en skares, kan van ons grootste teenstanders wees wanneer ons probeer om van God te hoor. Thomas Merton het gesê: "alle mense het genoeg stilte en afsondering in hul lewens nodig om hulle in staat te stel om die diep innerlike stem van hul ware self af en toe te kan hoor." Ons behoort ons innerlike mens goed te ken sodat ons God kan innooi. 



Nadenke is op oorweging en luister gevestig. Wanneer die Bybel sê: "Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag" (Deuteronomium 6:4-5, Matteus 22:37-40, Markus 12:30-31, Lukas 10:27), dink ek dat nadenke die sleutel tot die aktiewe betrokkenheid van hierdie waarheid is. Om die eintlike waarheid en gevolge van God se groot liefde vir ons in ag te neem, bring rus.



Baie van Jesus se volgelinge mag dalk effens versigtig wees vir die begrip van nadenke, weens die verband met verskeie ander godsdienstige gebruike. Nadenke, is egter heeltemal Bybels en ook ten diepste 'n geestelike gebruik. Om na te dink, was baie bekend onder die skrywers van die Skrif, aangesien dit 58 keer in die Bybel voorkom. Psalm 119:97 (AFR20), Genesis 24:63 (DB), Psalm 63:7, Psalm 119:148 en Psalm 1:2 is maar 'n paar bekende voorbeelde waar na die begrip van nadenke verwys word. Sommige Christene mag glo dat nadenke 'n nuttelose gebruik van tyd is, maar ek dink die voorbeelde in die Skrif dui op die noodsaaklikheid om hierdie gebruik te ontwikkel.



Tog glo ek daar is 'n paar belangrike verskille om van kennis te neem wanneer jy in die gebruik van nadenke wil groei. Die kern van Oosterse meditasie, is 'n poging om die denke leeg te maak. Daarteenoor het Christelike nadenke ten doel om die denke te vul. Die Oosterse benadering is om jou los te maak van die wêreld en van jou laste in die hoop dat jy Nirvana sal ervaar; geen god is daarin betrokke nie. Die gevaar hierin is om deur die onbetrokkenheid met die wêreld meegevoer te word. Volgens die Christelike metode is daar 'n behoefte aan begrip, te midde van die verwarring in die wêreld, wat tot 'n ryker gehegtheid aan God lei. Soos Thomas Merton sê: "Meditasie het geen sin, tensy dit stewig in die lewe gevestig is nie." Die kern van nadenke is om leiding te ontvang hoe om jou weg deur die lewe te vind — nie om jouself uit die wêreld uit te sluit en te verwyder nie. . . . Richard Foster skryf: "Christelike nadenke is die vermoë om God se stem te hoor en aan sy Woord gehoorsaam te wees." . . . [6]



Baie mense het daarmee tevrede geraak om God se boodskap tweedehands te ontvang. Ons het bekwame predikers, outeurs en leiers wat die woorde in hul harte deel wat voortspruit uit hul eie tyd saam met Christus. Ons moet egter verlang om self God se stem te hoor. Nadenke roep ons op om betrokke te raak in God se teenwoordigheid. Ons almal is deel van God se priesterskap en nadenke is 'n weg om sy stem te hoor.



Ons word in Romeine 5:17 herinner dat geregtigheid van buite kom en deur stil te word om oor hierdie waarheid na te dink, kry ons helderheid. Regdeur die Skrif, sien ons voorbeelde hoe God met mense gepraat het omdat hulle bereid was om te luister. Die begeerte om sy stem te hoor en om na te dink, is 'n genadegawe. Ons moet bid en daarvoor vra.


 


[6]Richard Foster, "Celebration of Discipline: The Path to Spiritual Growth" (New York: Harper) 1998.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest in the Rhythms of Life

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag lee...

More

Baie dankie aan "Logos by Faithlife" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lexhampress.com/about?utm_source=readingplans&utm_medium=referral&utm_campaign=promo_youversionplans&utm_content=findingrestrhythmslife

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid