Leesplan inligting

Om Rus in die Lewensritmes te VindVoorbeeld

Finding Rest in the Rhythms of Life

DAG 1 VAN 10




Beoefening van die Ritmes



Die woord "ritme" word gewoonlik in musiekterme gebruik, maar dit kan ook as 'n gereelde, herhalende volgorde van gebeure, dade of prosesse omskryf word. Dit is gedurende hierdie gebeure, dade en prosesse wat ons hoop en voorberei om met God in gemeenskap te tree. Ek het ook al opgemerk dat die woord beskryf word as 'n "beweging wat gekenmerk word deur gereguleerde opeenvolging van sterk en swak beginsels, of van teenoorgestelde, of verskillende toestande." Dit is ook hier waar ek 'n bietjie meer aanklank tot my omstandighede vind. In my vleeslike swakheid en begeertes, moet ek my oorgee aan die krag en skoonheid van God se teenwoordigheid in my lewe. 



Daar is verskillende soorte geestelike geaardhede en dis belangrik dat ons probeer vasstel watter die beste wyse vir ons is om 'n verbintenis met God te maak. Richard Foster het eenmaal geskryf: "Op sigself kan die geestelike dissiplines niks doen nie; hulle kan ons slegs neem na waar iets gedoen kan word." [1] Ons hoop terwyl ons ons verdiep in die ritmes, wat weë is om 'n verbintenis met Christus te maak, dat ons gemeenskap en intimiteit met Hom sal ervaar. Sodoende sal ons vermoë om te leef in die rus wat ons ontdek het, aangevuur en onderhou word. Daar staan in Galasiërs 5:17: "Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie." 



As volgelinge van Jesus wat reeds sielerus ontdek het, kom ons nog steeds in die versoeking om toe te laat dat die vlees besluite en prosesse in ons lewens bepaal. As gevolg daarvan, moet ons gebruike of ritmes in ons lewens vasstel, wat die rigting na die bron van krag sal aanwys om vooruit te beweeg op 'n wyse wat God vereer. Daar staan verder in Galasiërs 5:18, as ons ons "deur die Gees laat lei", sal ons in pas kom met dit wat die Here van ons verwag.



Ritmes help ons om so stelling in te neem dat ons voorbereid is om van die Here te ontvang. Beoefening van hierdie dissiplines help ons om te stry teen te veel selfwaardering en verhoog ons bewustheid aan ons behoefte aan 'n Verlosser.





[1] Richard Foster, "Celebration of Discipline: The Path to Spiritual Growth" (New York: Harper) 1998.




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest in the Rhythms of Life

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag lee...

More

Baie dankie aan "Logos by Faithlife" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lexhampress.com/about?utm_source=readingplans&utm_medium=referral&utm_campaign=promo_youversionplans&utm_content=findingrestrhythmslife

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid