Leesplan inligting

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte TyeVoorbeeld

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

DAG 1 VAN 8

'n Nuwe Reis



Dit is nie 'n "maklike" roeping om 'n ouer te wees van 'n gestremde kind, of 'n kind wat spesiale behoeftes het, of eenvoudig net anders is nie. Dalk was dit nie die roeping wat jy verwag het om te ontvang nie. 



Jy kan vrees, angstigheid, woede, twyfel, vreugde, hoop, opwinding, liefde voel — al hierdie dinge kan jy van oomblik tot oomblik, dag tot dag of week tot week voel. Hierdie leesplan tref jou dalk in die vroeë beginstadium of in die middel van jou ouerskapreis. Dalk lees jy dit in 'n tydperk van hoop en bemoediging. Of miskien lees jy dit in 'n tydperk wat soos die grootste stryd in jou gesinslewe voel. 



Laat hierdie leesplan toe om met jou te praat, ongeag die stadium waarin jy jou bevind. Laat God toe om jou te ontmoet en 'n bietjie van jou las te dra. Jy kan vandag met 'n nuwe weergawe van jou reis begin. 'n Reis saam met jou hemelse Vader terwyl jy beter toegerus voel en beter in staat is om sy krag te midde van alles te sien werk. 



Môre sal ons die gevoelens van verwarring en verbystering dek wat ouers in die gesig staar en moet verwerk wanneer hulle 'n onbeplande diagnose ontvang. Dan sal ons wysheid ontvang by drie ouers wat hulle weg moes vind om kinders wat medies, intellektueel, ontwikkelings- en emosioneel verskillend is, groot te maak. 



Daar is geen towerformule wat alles beter maak nie. Daar is geen rooskleurige brille nie. Daar is wel onwrikbare waarhede en lesse om by God te leer. Dit is die gebed van ons almal wat bygedra het tot hierdie leesplan dat God met jou sal praat en jou ontmoet waar jy Hom nodig het terwyl jy lees. 



Joernaal: Begin met 'n nuwe Word dokument of 'n nuwe joernaal. Skryf waar jy tans in jou huidige reis met spesiale behoeftes en gestremdheid is. Skryf ook waar jy hoop God jou sal ontmoet terwyl jy hierdie leesplan lees. Skryf alles neer.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid