Leesplan inligting

Hele Bybel in Minder as 'n JaarVoorbeeld

Whole Bible in Less Than a Year

DAG 1 VAN 342

Welkom by hierdie Bybelleesplan wat die hele Bybel in minder as 'n jaar dek! Een van die beste maniere om aan die gang te bly tot aan die einde, is om 'n vriend of twee te vra om dieselfde leesplan op dieselfde tyd saam met jou te doen. Wie kan jy nooi om by jou aan te sluit op hierdie reis? Julle kan saam lees deur die "Saam met Vriende"-opsie hier op die YouVersion Bybeltoep te kies, of julle kan afsonderlik lees en een maal per week met mekaar praat oor wat julle gelees het.



Terwyl jy gereedmaak om vandag te lees, vra vir God om iets aan jou te openbaar. Maak 'n aantekening van enige beloftes om te vertrou, opdragte om te gehoorsaam, waarhede om jou eie te maak, waarskuwings om op ag te slaan of enige bemoediging om in te rus. Jy kan notas in die Bybeltoep maak, of jy kan dit dalk oorweeg om 'n joernaal by jou te hou om jou gedagtes in neer te skryf. Nadat jy vandag se Skrifgedeelte gelees het, is daar twee vrae om oor na te dink:



Wat het jy van God, jouself of die wêreld geleer?



Is daar een vers of gedagte wat vandag vir jou uitstaan? Praat met God daaroor.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Whole Bible in Less Than a Year

Hierdie Bybelleesplan is 'n reis deur die hele Bybel, met Ou- en Nuwe Testamentiese leesstukke vir elke dag. Jy sal die Ou Testament chronologies volg, met die Psalms en profete vermeng soos wat hulle in die geskiedenis ...

More

Baie dankie Life.Church graag vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid