Leesplan inligting

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson Voorbeeld

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

DAG 5 VAN 5

’n Vrygewige God

Besef jy hoe vrygewig God is? Eerstens het Hy vir ons die wonderlike geskenk van die lewe gegee. Daarby het God ons nie net geskep nie, Hy het ons ook al die gawes van hierdie wêreld gegee om te geniet en met mekaar te deel. Dink aan die skeppingsverhaal. Ons moet sekerlik daaroor dink in hierdie tydperk van gee wanneer ons die geboorte van ons wonderbaarlike Verlosser herdenk!

Toe God vir Adam en Eva geskep het, het Hy hulle alles gegee wat hulle nodig gehad het. God het hulle lug gegee om in te asem, kos om te eet, iemand om lief te hê en werk om te doen. Wat meer wil jy hê?

Die skepping is ’n uitdrukking van God se vrygewigheid en oorvloed. God se vrygewigheid eindig egter nie daar nie. God het ook sy liefde in en deur Jesus Christus vir ons uitgestort. Dit is die verbysterende oordadigheid van God se oorvloedige hart.

Soos Johannes dit gestel het: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Johannes 3:16).

In hierdie bekende vers kry ons ’n blik in God se ryke en selfopofferende liefde vir elkeen van ons. Sal jy God vandag in jou hart toelaat?

Oefening vir die dag

Staan in Desember tyd af om na te dink oor God se vrygewigheid. Een manier om dit te doen is om na die kruis te kyk. Wanneer jy dit doen, maak jou hart oop om God se liefde te ontvang.

Hier is ’n gebed wat jy hardop kan bid: “Hemelse Vader, dankie vir al u gawes. Dankie vir die geskenk van lewe en die lewens van my geliefdes. Dankie vir al die skeppingsgeskenke wat ek elke dag vrylik ontvang. Baie dankie veral vir u geskenk van liefde wat aan die kruis betoon is. Maak my hart oop sodat u vrygewigheid deur my na ander mense kan vloei. Amen.”

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. E...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Trevor Hudson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/n-dieper-verhouding-met-god-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid