Leesplan inligting

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson Voorbeeld

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

DAG 2 VAN 5

God se verlangens

Wanneer ons opreg na God verlang, begin ons ook verlang na wat God wil hê. Wanneer ons die Bybel lees, kry ons ’n blik op daardie Goddelike verlangens.

God verlang na die genesing van ons gemeenskappe, ons verhoudings en ons lewens. Maar Hy sal dit nie sonder ons laat gebeur nie. Die Bybel wys ons dat God daarna verlang om ’n gemeenskap van mense te vorm waardeur Hy vir die ganse heelal genesing kan bring. Dit is God se plan vir ons wêreld.

Een van my gunsteling skrywers stel dit so: “God se koninkryk is die skepping wat genees is.” Die groot vraag waarvoor ons altyd te staan kom, is: Namate ons met God wandel, hoe maak ons God se verlange na ’n geneesde wêreld sigbaar daar waar ons is?

Daar is baie dinge, groot en klein, wat ons kan doen in hierdie tydperk van gee. Ons kan in vriendskap uitreik na ’n vreemdeling, of langs iemand gaan staan wat treur, of luister na iemand wat verwerp is, of versoening probeer bewerkstellig waar daar pynlike konflik en verdeeldheid is.

Al hierdie dinge – en daar is nog baie ander – maak God se verlangens na ’n wêreld wat genees is ’n werklikheid, of ons nou oor God praat of nie. Ons lewens word ’n sigbare teken van God se verlange na genesing vir die heelal.

Oefening vir die dag

Vra God om jou bewus te maak van ’n persoon of situasie wat genesing nodig het. Sodra jy weet wat dit is, vra die Here om jou kreatief te laat dink aan maniere hoe jy in die volgende 24 uur ’n sigbare teken van God se genesende liefde kan wees.

Deel jou gedagtes met die Here en vra sy hulp en leiding om hierdie voorneme uit te voer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. E...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Trevor Hudson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/n-dieper-verhouding-met-god-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid