Leesplan inligting

Hoe Om Terug Te Keer Na GodVoorbeeld

Finding Your Way Back To God

DAG 5 VAN 5

Dit Is Nou Lewe!

God het 'n droom vir hierdie wêreld en jy is genooi om deel daarvan te wees. Dit is 'n onweerstaanbare droom wat God nog vir altyd gehad het. Dit is 'n droom vir jou lewe, jou gemeenskap en die hele wêreld.


God se droom is dat jy elke sekonde van jou lewe met selfvertroue sal lewe, asook die wete dat Hy jou meedoënloos en passievol liefhet. Sy droom is dat jy die risiko sal neem om ander lief te hê, omdat jy weet dat God alles gewaag het om jou lief te hê.


Daarom is die laaste ontwaking in jou terugtog na God, die ontwaking tot die lewe. Ons kyk met ander oë na ons toekoms as ons besef wat die nuwe lewe in God behels en watter moontlikhede dit vir ons toekoms inhou. Ons roep uit: “Dit is nou lewe!” Ons besef ook egter dat "lewe" nou iets anders beteken. Dit beteken 'n beter, voller en meer betekenisvolle lewe as wat ons voorheen gehad het.


Jy hoef nooit weer alleen te reis nie. Jy reis nou lewenslank saam met Jesus. Jy hoef nooit weer apart van jou hemelse Vader te leef nie. As jy egter onvergenoegd raak, vir plaasvervangers soek en dink dat jy al die antwoorde het . . . weet jy wat om te doen.


Keer terug na die regte lewe! Jy ken die pad en tuis is waar jy altyd moet wees.


Wees voorbereid vir die jare wat voorlê. Dit is anders as wat jy ooit kon dink of droom toe jy 'n u-draai gemaak en die Vader se hulp gevra het. Die ontwaking tot die lewe bring onverwagte invloede en geleenthede. Hoe kan dit gebeur? Christus leef in jou en dit verander alles. Jy kan nou hoop gee waar daar moedeloosheid was. Jy kan nou aan gevangenes die pad na vryheid wys. Jy kan nou die lig in die duisternis wees.


Daarby is dit lewe!


Vind jou plekkie in die gemeenskap van ander dankbare seuns en dogters van die Vader. Maak vriende, leer en werk saam met hulle en maak 'n verskil in huwelike, huise, skole, werksplekke en gemeenskappe.


Kom ons help ander ook om God te vind. Dis waar die ware feesviering wag.


As jy besin oor die 5-dag leesplan, by watter "ontwaking" kan jy aanklank vind? Wat glo jy is die volgende stap wat God vir jou in gedagte het?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Way Back To God

Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te wil hê, is eintlik 'n verlange om terug te keer na God — waar jou verhouding nou ook al met God mag wees. Almal van ons ondervind mylpale — of ontwakings — soos wat ons ons pad te...

More

Baie dankie aan Dave Ferguson, Jon Ferguson en WaterBrook Multnomath Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://yourwayback.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid