Leesplan inligting

Hoe Om Terug Te Keer Na GodVoorbeeld

Finding Your Way Back To God

DAG 4 VAN 5

God Het My Nogtans Baie Lief

In die warrelwind van jou nuwe lewe saam met die Vader, mag die volgende ontwaking soos 'n stap terug, eerder as 'n stap vorentoe, voel. God bied aan jou iets wat jy wil hê en nodig het — 'n welkome tuiste. Iets binne-in jou mag dit egter teenstaan. Dit mag totaal en al onwerklik voel vir iemand wat so ver en lank verdwaal was, om deur sy hemelse Vader in sy gesin verwelkom te word — sonder om vrae te vra.


Hierdie deel in jou reis word die ontwaking tot liefde genoem. Teen hierdie tyd sê jy moontlik: "Ek verdien dit nie." God se aanvaarding is net te ongelooflik. Wat God sê en doen is so teenoorgesteld van wat ons dink ons verdien. Ons kom tot die besef: “God het my nogtans baie lief.”


Jy kom seker nou agter hoekom ons sê dat jou tuiskoms gepaardgaan met 'n geestelike toutrekkery. Ons het een stel oortuigings oor onsself en God het 'n ander een. Ons kyk na ons verlede, een gevul met mislukking en skande, en Hy kyk met liefde en deernis na wie ons is.


Daarom is hierdie ontwaking 'n groot deurbraak. Ons besef miskien vir die eerste keer dat ons nie 'n tweede kans verdien nie. Ons verdien nie om vergewe te word nie, maar ons is! Jy is! En ons verdien regtig nie dat God ons onvoorwaardelik liefhet nie, maar Hy het! Jy verdien dit nie, maar God gee dit in elk geval vir jou.


As jy soos die meeste mense is, ken jy die wysie van skaamte. Skaamte fluister: "Jy beteken eintlik niks nie" en "Jy verdien nie iemand se liefde nie". Skaamte skree: “Geen kanse meer vir jou nie!” Skaamte bring selfveroordeling. Wanneer ons vir die eerste keer genade ontvang, sê ons vir onsself: "Ek verdien dit nie."


Moenie toelaat dat jou foute en mislukkings jou definieer nie. Dit is skaamte se stem. Jy is nie wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Jy is nie wat aan jou gedoen is nie. Jy is wie God sê jy is. Sy kind.


Voel jy dat daar 'n geestelike toutrekkery binne-in jou aan die gang is? Indien dit so is, hoe sal jy dit beskryf?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Way Back To God

Wil jy meer uit die lewe kry? Om meer te wil hê, is eintlik 'n verlange om terug te keer na God — waar jou verhouding nou ook al met God mag wees. Almal van ons ondervind mylpale — of ontwakings — soos wat ons ons pad te...

More

Baie dankie aan Dave Ferguson, Jon Ferguson en WaterBrook Multnomath Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://yourwayback.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid