Leesplan inligting

Wat Van Uitgaan?Voorbeeld

What About Dating?

DAG 4 VAN 7

Deel julle Waardes


Jy gaan uit met iemand spesiaal. Jy is opgewonde. Jy mag dalk selfs op pad wees om verlief te raak. Dit voel ongelooflik. 



Voor jy egter te veel in romanse toegespin word, hoeveel weet jy van jou maat se waardes? Doelwitte? Passies? Drome? Wat is sy of haar uitkyk oor geloof, finansies, 'n gesin en die toekoms? Het julle al met mekaar oor hierdie belangrike, lewensveranderende standpunte gesels?



Dit is gesond om verskille te hê — maar dit is ook belangrik om eensgesind te wees oor die goed wat regtig saak maak. Om hierdie inligting eerder vroeër as later met mekaar te deel, sal tot julle altwee se voordeel wees.



Bid



Vader, U het elkeen van ons as kosbare, unieke wesens geskep en ons genooi om ons verskille te vier. U verlang egter ook daarna dat ons verenig sal wees in aspekte van die lewe wat die meeste vir U saak maak. Lei ons asseblief om in u beginsels van die waarheid eensgesind te wees. 



Wanneer mense in Christus verenig is, soek hulle van nature dieper eenheid met mekaar ook.



Lees



Filippense 2:1-2



Nadenke



Dink na oor wat hierdie Skrifgedeelte ons leer van God se waardes. Jy mag dalk die res van hierdie kort gedeelte ook wil lees om 'n vollediger prentjie te kry van die dinge waaroor God omgee (Filippense 2:1-11). Hoe vergelyk jou persoonlike waardes met hierdie prentjie?



Reageer



Bespreek die onderwerp van persoonlike en Goddelike waardes met jou maat, begin en eindig met gebed om vrede en duidelikheid.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What About Dating?

Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verho...

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bibleresources.americanbible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid