Leesplan inligting

Wat Van Uitgaan?Voorbeeld

What About Dating?

DAG 1 VAN 7

Vertrou op God


Kom ons erken dit maar. Ons almal het al in die verlede uitgaan-foute gemaak. 


Of jy nou op soek is na daardie spesiale persoon, of alreeds in 'n vaste verhouding is, of nog 'n besluit oor jou toekomstige maat moet neem, wil jy dit heel waarskynlik reg doen.


Jy weet die Bybel bied leiding met — min of meer alles.


Maar uitgaan??


Al kom die woord "uitgaan" nie eintlik in die Bybel voor nie, is daar BAIE raad oor verhoudinge wat jy vanuit God se gids vir ons lewe kan nalees.


Dit begin alles met vertroue in Hom. Sy plan. Sy doel vir jou. Die werklikheid dat Hy wil hê dat jy naby Hom moet leef ... en Hy het jou ontwerp om ook naby ander te wil wees. Dus gaan dit daaroor om die regte ding te doen — vir jouself en vir jou maat.


Hoekom steun jy nie op die Here vir leiding met jou avontuur in verhoudinge nie? Hoekom neem jy nie jou vertroue in Hom na die volgende vlak toe nie? Hoekom kyk jy nie wat dit vir jou inhou as jy jouself, jou maat en alles tussenin aan Hom oorgee nie?


Hy sal jou nie teleurstel nie.


Bid


Vader, help my om u ontwerp vir alles — insluitend verhoudinge — te vertrou. Op hierdie oomblik het ek nodig dat U my lei in my besluite wanneer ek met iemand uitgaan. Help my om die voordele in te sien om u plan te volg. Dankie. 


Hierdie Psalm vier die wysheid en skoonheid van God se waarheid. 


Lees


Psalm 19:7-11


Nadenke


Wat leer jy oor die Woord van God in hierdie verse? Kan jy ses eienskappe en voordele van die wet van God hierin vind? Hoe kan hulle jou verhouding met 'n spesiale maat beïnvloed?


Reageer


Kies vandag om God in alle dinge te vertrou. Vra Hom om jou te lei tot 'n dieper verhouding met Hom en 'n dieper verhouding met jou spesiale maat. 


 


Elkeen van ons lesers het 'n unieke verhaal van hulle interaksie met die Bybel. Ons nooi jou uit om op die skakel hieronder te klik sodat ons meer van jou en lesers soos jy kan leer. Jou deelname sal die American Bible Society help om voort te gaan om hoë kwaliteit Bybel hulpbronne te voorsien vir mense oral en sal help met die ontwikkeling van nuwe Bybelhulpbronne.


Begin opname  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What About Dating?

Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verho...

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bibleresources.americanbible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid