Leesplan inligting

7 Wonderwerke van JesusVoorbeeld

7 Wonderwerke van Jesus

DAG 4 VAN 7

’N STORM WORD STIL


Jesus en die dissipels het eendag in ’n skuit na die oorkant van die meer gevaar. Skielik het daar ’n vreeslike storm opgesteek en die skuit het die gevaar geloop om te sink. Intussen het Jesus gelê en slaap.


Die dissipels het Hom wakker gemaak en gesê: “Here! Red ons, ons gaan sterf!”


Jesus het vir hulle gesê: “Waarom is julle so bang? Julle het so min geloof.” Toe het Hy opgestaan en die wind en woeste golwe beveel om stil te word. Alles het heeltemal kalm geword. Die dissipels was verstom en het gevra: “Wie is hierdie Man tog dat Hy selfs die wind en die golwe opdrag gee en hulle Hom gehoorsaam?”


Jesus het sy mag oor die natuur gewys; en waarom sou die Een wat alles geskep het dan nie beheer daaroor hê nie? Jesus het jou ook geskep en wanneer dit voel of daar ’n storm in jou woed met branders van woede, vrees of bekommernis, moet jy net die Een aanroep wat altyd by jou is en vir jou vrede gee.


ONTHOU: Jesus is altyd by jou in die skuit van die lewe!

FEIT: Jona was op ’n skip om van God te vlug. Toe stuur God ’n groot storm. Lees wat die mans met Jona moes doen sodat die storm kon bedaar (Jona 1). 
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Wonderwerke van Jesus

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierd...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Dave Strehler bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid