Leesplan inligting

7 Wonderwerke van JesusVoorbeeld

7 Wonderwerke van Jesus

DAG 1 VAN 7

’N TROUE IN KANA


Jesus, sy ma en broers is saam met sy dissipels genooi na ’n troue in Kana. Tydens die huweliksonthaal het die wyn opgeraak. Daar naby het ses groot klipkanne gestaan. Jesus het vir die kelners gesê om die kanne vol water te maak. Toe die kanne vol was, het Jesus die kelners aangesê om daarvan na die seremoniemeester te neem. Toe die seremoniemeester die wyn proe wat eers water was, was hy verras dat hulle hierdie wyn nie eerste bedien het nie, want dit was die heel beste wyn.


Dit was die eerste wonderwerk wat Jesus gedoen het. Dit het sy dissipels in Hom laat glo. Jesus het sy eerste wonderwerk gedoen om iemand uit ’n moeilike situasie te red – om te verhoed dat die bruidegom in ’n vreeslike verleentheid beland. Jesus wil ook in jou lewe die gewone dinge verander in iets baie spesiaals en betekenisvols. Vertrou op Hom en gehoorsaam Hom.


IETS OM OOR NA TE DINK: Die kelners het gedoen wat hulle gevra is om te doen sonder om vrae te vra.

FEIT: Daar het dikwels waterkanne gestaan by die ingang van ’n huis sodat mense voor ete hul hande kon was (Markus 7:3-4).
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Wonderwerke van Jesus

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierd...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Dave Strehler bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid