Leesplan inligting

SeksVoorbeeld

Sex

DAG 6 VAN 7

Mite #5: Seks moet nooit buite die huweliksbed bespreek word nie.



Seks is iets heiligs tussen man en vrou. Tog is daar tye wanneer ons die menings van ons naaste vriende en vertroude raadgewers benodig en begeer, omdat ons sukkel met ongemaklike gesprekke oor seks. 



Het jy 'n vriend wat sy vrou in 'n gesonde huwelik eer? Begin daar. Vroue, soek 'n vriendin wat haar man koester en God met haar huwelik eer. Jou vriend moet God liefhê en ernstig wees om 'n verhouding met Hom te hê. Kan jy dink aan iemand wat 'n deeglike geskiedenis het van vrugbare bediening van die waarheid, 'n gesonde bewustheid van hul eie sterk- en swakpunte, selfdissipline toon en die waarheid van die Woord van God onbeskaamd uitdruk? Dit is sekerlik 'n lang lys. Jy weet miskien nie van iemand nie, maar vra jou ander vriende wie hulle vertrou. Soek 'n Christelike berader in jou omgewing. Vra 'n paartjie wat al 'n paadjie gestap het om jou mentor te wees.



Dikwels kan simptome soos depressie en angs, uitputting en spanning (om maar net 'n paar te noem) daartoe lei dat individue min tot geen seksdrang het nie, en in die geval van seksuele trauma, kan individue 'n wantroue hê in enigiets van seksuele aard. Huweliksmaats noem dikwels "'n gebrek aan waardering", "geen emosionele verbinding" en selfs "geen romanse" as redes waarom hulle min of meer geen begeerte het vir seksuele intimiteit met hul huweliksmaat nie.* 



Ongeag die rede, as ons ons huweliksmaats liefhet en in hulle behoeftes wil voorsien, net soos hulle in ons behoeftes wil voorsien, moet ons bereid wees om hulp te soek sodat die bevrediging en begeerte om intiem met hulle te verkeer, sal toeneem.



Onthou, God se bedoeling is dat seks binne die huwelik heilig en geseënd vir albei huweliksmaats sal wees. Hy wil hê dat julle emosionele en geestelike verbinding met mekaar moet toeneem, maar hierdie probleme kan die gaping tussen jou en jou huweliksmaat al groter maak. Jy is nie alleen nie, vind dus vandag ondersteuning en bemoediging.



My gebed is dat julle seks begin sien deur die wonderlike en bevredigende oë van God self. Sy begeertes moet ons begeertes wees. Sy genot moet ons genot wees. 



Brandon, LMFT-S, PCIT



Bid: Vader, bring ons begeertes in lyn met u begeertes, sodat ons drome ooreenstem met u doelwitte. Laat u wil deur ons geskied, en laat ons liefde vir mekaar elke dag sterker word en aan U heerlikheid en eer bring. Amen.



*Dit word sterk aanbeveel dat, as jy 'n afkeer in seks het, pyn tydens gemeenskap ervaar, 'n geskiedenis het van seksuele trauma, 'n lae libido het of ontevrede voel oor jou seksuele verhouding met jou huweliksmaat, jy dadelik hulp soek. Professionele beraders kan saam met mediese kundiges emosionele, verhoudings- en fisiologiese ondersteuning bied. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sex

Seks. Daar steek meer in as: "Wag totdat jy getroud is!" Wat gebeur sodra jy getroud is? Watter vryhede het jy? Sê nou jy is getroud en seks werk nie? Wat sê die Bybel en wat sê dit nie daaroor nie? Vir antwoorde op hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid