Leesplan inligting

SeksVoorbeeld

Sex

DAG 2 VAN 7

Mite #1: Seks is Vuil



Wanneer dit by seks kom, huiwer baie mense om die onderwerp aan te roer — veral in Christelike kringe. Dit het aanleiding gegee tot verskeie mites oor Christene en seks. Kom ons kyk na sommige van die mites, sodat ons eens en vir altyd antwoorde kan kry. Hier is die eerste van vyf mites wat ons en die kerk nie meer in ons wêreldbeskouing van die Christendom of ons huwelike moet toelaat nie: dat seks vuil is.



Hoe begin die meeste gesprekke oor seks? Met 'n kykie in die vertrek na wie dalk binne hoorafstand is, met 'n hand oor die mond en 'n gefluister. Soms bly ons stil omdat ons niemand in ons private wêreld wil toelaat nie. Soms is dit omdat ons verleë is. Watter ander boodskap kan die gefluistery en rondkykery na wie onbewustelik luister, ook uitstuur? Dit kan 'n boodskap uitstuur dat dit waaroor jy fluister (seks) sleg is. Dit kan 'n houvas kry totdat dit jou bewustelike denke binnegaan, en jou laat skaam voel om oor die onderwerp te praat — selfs met jou huweliksmaat!



Tog, wat sê God oor seks en seksualiteit? God het seksuele intimiteit vir die huwelik geskep, en as God dit geskep het, hoe kan dit dan vuil wees? In 1 Timoteus 4:1-5 het Paulus vals leringe oor die huwelik gekonfronteer. Hy het gelowiges aangemoedig om die waarheid te ontvang, dat wat God geskape het, God goed geag het. Hy het hulle verder aangemoedig om nie die genot daarvan te verwerp nie, maar om dit heelhartig met danksegging te ontvang.



Boonop, as seks in die huwelik vuil is, waarom is die Skrif dan so grafies in die beskrywing van seksuele liefde? Glo jy my nie? Staan dan dadelik op en lees Spreuke 5:18-19 hardop. Ek sal wag. … Het jou stem skielik stil geword toe jy begin lees: "Laat haar borste vir jou vreugde gee. Laat haar liefkosings jou die hele tyd oorweldig" (NLV). Ek is seker dit het — veral as ander mense in die omtrek was.



Daar is egter niks vuil of skandelik aan seks wat God eer nie. God het man en vrou so geskape dat jou huweliksmaat se liggaam vir jou genotvol sal wees. Daarom, in die konteks van die huwelik, is seks 'n geskenk van God. 



Brandon, LMFT-S, PCIT


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sex

Seks. Daar steek meer in as: "Wag totdat jy getroud is!" Wat gebeur sodra jy getroud is? Watter vryhede het jy? Sê nou jy is getroud en seks werk nie? Wat sê die Bybel en wat sê dit nie daaroor nie? Vir antwoorde op hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid