Leesplan inligting

Om Soos Jesus te LeefVoorbeeld

Living Like Jesus

DAG 4 VAN 5

Luister soos Jesus geluister het. 



Deesdae is dit maklik om vir jou mening waardeer te word. Elkeen wil invloed uitoefen deur Instagram of 'n gewilde YouTuber wees. En terwyl daar eintlik niks daarmee verkeerd is nie, moet ons daaroor nadink. Probeer ons so hard om gehoor te word, dat ons geleenthede mis om te luister?



Jesus was een van die beste luisteraars ooit. Om te luister, is 'n manier om liefde aan mense te betoon, want dit wys dat jy hulle bydraes waardeer. Stel jou voor jy het 'n gesprek met iemand wat jou nie toelaat om te praat nie. Dit is nie 'n werklike gesprek nie, is dit? 



Kom ons leer dus om goed te luister. Om die waarheid te sê, daar is 'n verhaal in Lukas 18 oor 'n tyd toe Jesus geluister het, maar nie na die hardste stem nie. Jesus was 'n goeie luisteraar, want Hy het nie bloot gehoor wat almal gehoor het nie. Hy het gehoor wat werklik belangrik was. Verkies ons om na die stil ding of die gewilde ding te luister? 



In elk geval, in hierdie verhaal was daar 'n blinde man wat langs die pad gebedel het. Hy het agtergekom dat daar 'n skare was, want Jesus het daar geloop. Dus het die man na Jesus begin roep. Die skare het geïrriteerd geraak, en vir hom gesê om stil te bly. Maar die man het net al harder geroep. Jesus het nie na die skare of gewilde mening geluister nie. Jesus het net na één geluister. 



Jesus het na die man toe geloop en gevra wat hy wil hê Hy vir hom moes doen. Is dit nie 'n wonderlike vraag nie? Jesus het waarskynlik beter geweet wat die man nodig gehad het as die man self. Maar Jesus het nooit aangeneem wat mense nodig het nie. Hy het nie nader gestap en gesê: "Ek weet wat die beste vir jou is, so hierso," nie. Hy het die tyd afgestaan om te luister. 



Jesus was stil genoeg om die stem van iemand wat Hom nodig gehad het, te hoor, en Hy was geduldig genoeg om te luister na wat die man wou hê. Die man het gevra om te kan sien, en Jesus het hom genees. Wat 'n kragtige verhaal oor die belang van luister. 



 Wie is jy in hierdie verhaal? Is jy die skare; te vasgevang in wat "alledaags" of "gewild" is om iemand in nood raak te sien? Of word jy soos Jesus — stil genoeg om te luister na wat die meeste saak maak en nie wat die hardste geluid maak nie. 



Luister goed, want wanneer jy dit doen, betoon jy liefde, en leef jy soos Jesus. 



Bid: Vader, help my om stil genoeg te wees om die mense om my te hoor. Gee my u ore om te luister na diegene wat hulp en ondersteuning nodig het. Help my om liefde te betoon deur goed te luister. Dankie dat U altyd na my luister en dat U ons wys hoe om te luister. In die Naam van Jesus. Amen.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Like Jesus

As ons Jesus met ander wil deel, moet ons soos Hy leef, soos Hy liefhê en soos Hy luister. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons Jesus se lewe van naderby bekyk om te sien hoe ons behoort te leef.

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid