Leesplan inligting

Wat Jesus Nooit Gesê Het NieVoorbeeld

Things Jesus Never Said

DAG 5 VAN 6

Jy kry wat jy verdien.



"Verlossing is wat God vir ons doen en wat ons nie vir onsself kan doen nie." Eugene Peterson



Die lewe is vol ooreenkomste. Wie gaan werk, kry betaling. As ons geld verdien, kan ons ons gunsteling koffie, middagete, of daaglikse reis werk toe betaal. As 'n boer saai, sal hy kan oes. As 'n kind ongehoorsaam is, staan hy in die hoekie. As 'n student hard studeer, kan hy goeie punte behaal. Dis geen wonder ons glo so maklik dat ons kry wat ons verdien nie. 



Daar is egter net te veel slaggate in hierdie redenasie. Dalk het jy self al gewonder: verdien 'n baba om in 'n arm wêrelddeel met voedselskaarste gebore te word? Nee, hulle verdien dit nie. Daar is soveel meer op die spel as 'n "jy-kry-wat-jy-verdien"-redenasie as sosio-ekonomiese status.



Verdien enigiemand vir Jesus?



Ons mag dalk "amen" sê wanneer ons die aanhaling: "Verlossing is wat God vir ons doen en wat ons nie vir onsself kan doen nie" lees, maar glo ons spanningsvlakke, ongenaakbare selfgesprekke en ons nuutste pogings tot geestelike groei dit? Is van al die goeie in jou lewe, enigiets waardig genoeg dat 'n onberispelike, volmaakte mens (wat nog te sê die Seun van God!) 'n pynlike dood sterf sodat jy 'n vol en vry lewe, hier en tot in ewigheid kan lei? As jy van vandag af perfek, geweldig vrygewig en ontsettend vriendelik optree — vir die res van jou lewe — sal jy dan verdien wat Jesus vir jou gedoen het?



Jy kan 'n sug van verligting slaak, want:



Jesus het nooit gesê: "Jy kry wat jy verdien" nie.



Jesus sê wel: "Jou sondes word vergewe ..."; "Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie"; "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”, en aan die kruis het Hy aan 'n berouvolle misdadiger gesê: "Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees." Die misdadiger het besef wie Jesus is en wat Jesus vir hom doen terwyl hulle albei vasgespyker aan die kruis gesterf het. Die misdadiger het nie 'n kans gehad om af te klim, die Bybel te lees, by 'n kerk betrokke te raak, in 'n gemeenskap te dien, of ondersteuningsgroepe by te woon nie. Nee, hy het geen kans gehad om te verdien waarvoor hy Jesus gevra het nie — dit wat Jesus ook vrylik vir hom gegee het.



Net soos die misdadiger, het ons nie die kans om God se genade of aanvaarding te verdien nie, maar om by elke geleentheid ons liefde, vrygewigheid en gehoorsaamheid aan Hom te bewys. Nie as betaling nie, maar as aanbidding. Maak dit nie meer sin om Jesus elke dag in aanbidding te volg, eerder as om dit soos net nog 'n ooreenkoms by ons dag te voeg nie?



Nadenke: Watter deel van my lewe en geloof is steeds 'n mislukte poging om Jesus terug te betaal? Hoe sal 'n lewe van aanbidding oor onbekostigbare genade wees — wat ek nooit kan verdien nie?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Things Jesus Never Said

As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings v...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid