Leesplan inligting

'n Lewenswyse van AanbiddingVoorbeeld

Lifestyle Of Worship

DAG 1 VAN 7

'n Uitroep



Psalm 18:7 (NLV)



"In my angs het ek tot die Here geroep, tot my God om hulp geroep.



In sy heiligdom het Hy geluister;



my hulpgeroep het Hy gehoor." 



Psalms 18:7 (DB)



"Toe het ek na die Here geroep. Ek het Hom gevra om my asseblief te help... 



en my God het my gehoor!



Daar waar Hy bly, luister Hy na my as ek roep." 



'n Lewenswyse van aanbidding vereis om heeltemal eerlik voor God te wees sonder om jou gevoelens, emosies en geheime weg te steek. Psalm 18, waarna ook in 2 Samuel 22 verwys word, begin met 'n beskrywing waarin Dawid die woorde van hierdie lied aan die Here gesing het toe die Here hom uit die hand van al sy vyande en van Saul gered het.



Ek onthou hoe ek tot die Here (huilend/kreunend) uitgeroep het toe my ouer suster komplikasies tydens haar swangerskap met haar eerste kind (Obadiah) gehad het. Elke dag was soos om deur erge pyn te gaan — huilend. Ek kan myself ook sien huil op die dag van die bekendstelling van my album waarheen ons Dr. Stella Dhinakaran genooi het. Byna alles was gereed om te begin, toe die krag afgaan en die kragopwekker nie wou werk nie. Ek kon die paniek nie hanteer nie en het soos 'n klein kindjie voor Jesus begin huil.



Ek het besef om voor God te huil nie swakheid is nie, maar eerder 'n uitroep om hulp. Dit is wat Dawid in hierdie Psalm probeer verduidelik — dat hy tot God om hulp uitgeroep het en die Here het sy stem en sy hulpkreet gehoor.



"Jou opregte uitroep na hulp raak die hart van God aan."



Om voor God te huil, is deel van 'n lewenswyse van aanbidding. Dit gee ons die krag om te sê dat ek niks op my eie kan doen nie, maar ek vertrou dat God namens my sal werk.



Die volgende paar verse sal jou hoendervleis gee, want dit sê, terwyl ek tot God uitgeroep het, het die aarde gebewe; Hy het die hemel verlaat en neergedaal.



Sjoe! Dit is ons God!



Net so het ek deurbrake in my lewe ervaar wanneer ek tot God uitgeroep het, ongeag die omstandighede. Terwyl ek met die bekendstelling van my album, (Pyaar Karta Hoon — Ek is lief vir U), voortgegaan het, het God my hulpkreet gehoor en het Hy die byeenkoms 'n heerlike een gemaak. 



As jy dus moeilike oomblikke beleef, sal ek jou aanmoedig om uit te roep tot God en te kyk hoe Hy die hemel verlaat net om jou te verlos van die probleem wat jy ervaar.



'n Lewenswyse van aanbidding behels om in die tyd van benoudheid tot God uit te roep en altyd eerlik voor Hom te wees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lifestyle Of Worship

Jesus het gesê: "God is Gees en sy aanbidders moet Hom in gees en in waarheid aanbid." As jy gewonder het hoe hierdie vers van toepassing is op jou daaglikse lewe, dan sal hierdie sewe-dag leesplan jou begrip van aanbidd...

More

Baie dankie aan Selvam Nadar en "India Revival" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://indiarevivalministries.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid