Leesplan inligting

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor HudsonVoorbeeld

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

DAG 4 VAN 5

Kompulsiewe besigwees


Een van die grootste hindernisse wat ons keer om na God te luister, is ons konstante besigwees. Ons vul ons dae met soveel dinge om te doen, mense om te sien, take om af te handel, sperdatums om te bereik en afsprake om na te kom, dat ons weinig tyd oorhet om aandag te gee aan wat God vir ons wil sê. 


Al laat ons besigwees ons stres, vind ons dit moeilik om nie besig te wees nie. Ons kan selfs sê party van ons het verslaaf geraak aan besigwees. Dit het beslis ’n statussimbool geword in ons huidige kultuur. Om besig te wees beteken jy is ’n belangrike persoon. 


Te midde van ons besige lewe nooi Jesus ons uit om Hom na die woestyn te volg. As ons nie sy uitnodiging ernstig oorweeg nie, kan ons dalk dit wat God vir ons wil sê, misloop. Dit is waarom dit so noodsaaklik is om tyd te maak in ons besige program om God in ons “woestynplek” te ontmoet. Dit is ons protes teen die hindernis van kompulsiewe besigwees. Dit gee God ’n beter kans om in ons hart te werk, om ons te bevry van ons onbehulpsame verbintenisse en om ons lewenswyse te verander. So begin ons ál nader aan God leef.


Bid jou daaglikse gebedsversoek. In die stilte van jou “woestynplek”, beskou jou gewone daaglikse leefwyse. Wat is die hoofrede waarom jy dit moeilik vind om jou daaglikse afspraak met God na te kom? Praat met God oor hierdie dinge en luister na wat Hy vir jou wil sê. Is daar enige manier hoe jy jou lewe kan hervorm om onnodige besigwees uit te skakel?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke d...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Trevor Hudson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/n-dieper-verhouding-met-god-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid