Leesplan inligting

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor HudsonVoorbeeld

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

DAG 2 VAN 5

Om weer te begin


Elke dag bring die moontlikheid van ’n nuwe begin. Daar is altyd moontlikhede vir ’n nuwe begin en nuwe avonture op ons geloofspad. Wanneer ons dink ons het alles bereik, wanneer ons glo ons het alles in plek, is ons eintlik in ’n sin verlore. Ons raak verveeld, en voordat ons ons kom kry, raak ons weg in ’n lewe van vervelige gewoontes en middelmatigheid. Selfs meer tragies is die feit dat ons ons vermoë verloor om in ons daaglikse lewe deur God verras te word. 


Hier is dan ’n vraag van God wat ons vandag kan oorweeg: “Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie?” (Jes. 43:19). Laat ons nie bang wees om hierdie woorde ernstig op te neem nie. Daar is ’n bloeisel in ons lewe wat wil begin groei. Wat kan dit vir jou beteken? Om met hierdie vraag te worstel help ons om ’n tree te gee na ’n nuwe begin wat God dalk vir ons het. Dit kan ons lei na ’n lewe nader aan God, of ’n dieper verhouding met mense na aan ons, selfs na ’n nuwe ruimte in ons lewe waar nuwe groei kan plaasvind.


Dink na oor die bostaande vraag as een wat spesifiek aan jou gerig is. Wat is jou antwoord hierop? Is jy bereid om te glo dat God iets nuuts met jou lewe wil doen? Indien wel, wat dink jy kan dié “iets nuuts” wees? Indien nie, wat maak dit vir jou moeilik om hierdie goeie nuus te glo? 


Is jy bereid om vir God te vra: “Here, terwyl ek probeer om nader aan U te leef, help my om my oop te stel vir watter nuwe begin U ook al in my lewe wil inlei.” Dit is ’n waagmoedige versoek, maar dit sal altyd die sin vir avontuur in ons lewe saam met God laat vlamvat.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke d...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Trevor Hudson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/n-dieper-verhouding-met-god-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid