Leesplan inligting

Die krag van die Heilige GeesVoorbeeld

Die krag van die Heilige Gees

DAG 7 VAN 7

BEWAAR WAT AAN JOU TOEVERTROU IS

Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.  2 Timoteus 1:14 

Op hierdie laaste dag van die lees plan bid ek dat God jou met sy Gees sal vervul. Ek bid dat jy, met die hulp van die Heilige Gees wat in jou woon, die goeie dinge wat aan jou toevertrou is, sal bewaar. Jy het geloof en genade en die gawes en die vrug van die Gees ontvang. Bewaar dit en gebruik dit om ander mense vir die koningkryk van God te wen. Bid vandag: “Here, alles wat ek van nou af doen, wil ek vir U doen. Ek wil U met my hele hart dien, net soos moeder Teresa. Vul my met u Heilige Gees.” 

Ek wil vandag bid vir elkeen wat hierdie dag stuk lees. Baie van ons is moeg en afgemat. Ons het nie veel bereik nie en ons is nie volmaak nie. Ek wil bid dat ons, ons sal inspan om die kroon te ontvang wat Christus Jesus vir ons in die hemel bewaar. Ek bid dat Hy vir ons die moed en die krag van die Heilige Gees sal gee om een dag op ‘n slag te leef. Ons kan nie altyd op die bergtoppe bly nie; ons moet afkom na die vallei waar die mense is. Ons moet by hulle wees om hulle vir Jesus te wen. Ek bid dat ons lewe van vandag af betekenisvol sal wees. Ek bid dat ons alles wat ons doen, sal doen vir die Here deur die krag van sy Gees. 

Here, alles wat ek van vandag af doen, wil ek vir U doen. Ek wil soos u kind leef. Ek wil U met my hele hart dien. Amen. 

Hierdie 7-dag-leesplan is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:  https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid