Leesplan inligting

Die krag van die Heilige GeesVoorbeeld

Die krag van die Heilige Gees

DAG 4 VAN 7

BID DEUR DIE GEES


Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Juda 1:20 


Ek het een jaar vir die Comrades Marathon ingeskryf, saam met vyftien duisend ander atlete. Al ons vriende en ondersteuners het ons aangemoedig toe ons Pietermaritzburg agter ons gelaat het. In daardie stadium het dit vir my gevoel ek kan die hele dag hardloop. Ek het nie eens na asem gehyg nie. Toe ons by Drummond kom, ongeveer die halfpadmerk, het die son op my neergebak. Ek was in die agterste bondel. Die skare het al hoe kleiner geraak, en baie van die ondersteuners het óf in Durban op ons gewag óf huis toe gegaan. Dit was ‘n eentonige tyd, die tyd toe ons moes volhard om die prys te ontvang wat aan die einde van die wedloop op ons gewag het. 


Ook in die lewe moet ons kan volhard. In Filippense 3:12 sê die apostel Paulus: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.” 


Is jy vandag afgemat? Worstel jy met ‘n siekte? Is jy moedeloos omdat jy nie werk kry nie? Sukkel jy met finansiële skuld of opstandige kinders? Dit is die tyd waarin jy moet voortgaan om jou lewe op jou geloof te bou en deur die krag van die Gees moet bid. Hy sal vir jou sy krag gee om te volhard en die rykdom van God te ontvang. 


Heilige Gees, ek bid vandag tot U. Gee vir my die krag om te volhard. Help my om vas te hou aan my geloof sodat ek die rykdom van God sal ontvang. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:  https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid