Leesplan inligting

Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina SmitVoorbeeld

Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina Smit

DAG 5 VAN 5

Wees stil en weet . . .


Wanneer die wêreld vir my persoonlik te nou word, as ek slegte nuus kry, as al die dinge wat my gespanne of angstig maak, tegelyk gebeur, blaai ek elke keer na Psalm 46:11–12. Dit bly my persoonlike mantra teen stres en bekommernis! God is by my en Hy is almagtig – Hy bly altyd vir my ’n skuilplek waar ek veilig kan wegkruip in tye van gevaar. Boonop ken Hy my deur en deur: Hy weet van my pyn en my spanning, van my kommer en vrees – en Hy wil deur dit alles vir my ’n toevlug wees.


Ook jy mag daarvan seker wees dat God gereed staan om jou te help elke keer wanneer jy Hom nodig mag kry. Al wat jy hoef te doen is om op Hom te fokus en terug te dink aan al die kere in die verlede toe Hy jou gehelp het. Wanneer jy kragteloos voel, is sy krag tot jou beskikking. Hy is altyd daar vir jou. 


Jy hoef ook nooit bang te wees nie, want jy kan op Hom vertrou in elke gevaarlike situasie. Leer Psalm 46:11–12 uit jou kop. Knoop die feit van God se beskerming vir jou so vas in jou geheue dat dit later deel van jou sal wees en jy outomaties daaraan sal dink as daar weer probleme in jou lewe opduik.


En, indien dit tog weer gebeur dat jy bang word en twyfel (en dit sál, want onthou jy is net mens!), begin dan die hele proses van voor af: Word stil en weet God, die Almagtige, is by jou. Hy sal jou nooit alleen laat om self die mas op te kom nie (sien Deuteronomium 31:3, Josua 1:5 en Hebreërs 13:5–6). Hy sal jou elke keer red!


Gebed


Vader, dankie vir die versekering dat ek nooit hoef bang te wees nie, want ek weet vir seker dat U by my is, dat U my sal beskerm en help elke keer as ek in die nood is. Ek wil nou by U stil word en hierdie feit vir goed in my geheue inbrand, sodat ek dit nooit weer sal vergeet nie. Amen.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Vreugde My Ontwyk Deur Nina Smit

Hierdie 5-dag-leesplan oor vreugde sal lesers verseker dat God hulle baie liefhet. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos vreugde, angs en vertroue in God), en eindig met ’n gebed en ’n Bybelvers. Die in...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.struikchristianmedia.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid