Leesplan inligting

Die Bediening van UitnemendheidVoorbeeld

The Ministry Of Excellence

DAG 2 VAN 3

Verkondig die Uitnemendheid van God



Die doel van ons beroepe verskil geensins van ons lewensdoel nie, naamlik om in alles wat ons doen vir God te eer (1 Korintiërs 10:31). “Eer” of "verheerlik" is nogal moeilik definieerbaar, veral aangesien dit deesdae so alledaags gebruik word. John Piper stel dit, om God te eer, beteken om "sy grootheid te weerkaats" of om sy karakter aan andere te openbaar.



As die doel van ons beroepe dus is om God se karakter aan die wêreld te openbaar, moet ons sy karaktertrekke noukeurig omskryf. God word op verskeie maniere in die Bybel beskryf, maar dit is waarskynlik sy karaktertrek van kreatiewe uitnemendheid wat vir ons die duidelikste na vore kom. Dit is onmoontlik om na die Augrabiese Watervalle te kyk en nie voor hierdie meesterwerk van God in verwondering te staan nie. 'n Besoek aan die Krugerwildtuin kweek waardering vir God se kreatiewe oppergesag as Skepper. Dit is onmoontlik om 'n baba se handjie vas te hou sonder om jou te verwonder oor die mate van uitnemendheid wat nodig is om miljoene selletjies te laat saamsmelt om 'n nuwe lewe te skep. Dit het duidelik geblyk in gister se Skrifgedeelte dat God se karakter van uitnemendheid in so 'n mate deur Jesus se lewe op aarde geskyn het dat sy tydgenote stomgeslaan opgemerk het dat "Hy alles goed gedoen het". Ons aanbid dié uitnemende God. 'n Volmaakte God. Die woord “uitnemend” is by uitstek te alledaags om die God van die heelal te beskryf. Dit is egter die naaste wat ons as blote sterflinge daaraan sal kom om in 'n mate te kan verstaan of begryp hoe uitnemend God is.



Ons, as God se kinders, word daartoe geroep om beelddraers van ons uitnemende Vader te wees. Paulus gee in Efesiërs 5:1 die volgende opdrag aan die kerk: "Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg." Hierop het die teoloog Andreas Köstenberger die volgende kommentaar gelewer: “Hoe moet ons op God se uitnemendheid reageer? Kortom, ons moet daarna streef om dit na te boots en na te volg. Ons, as God se verloste kinders, moet daarna streef om meer soos God te word. Dit sluit waarskynlik die strewe na uitnemendheid in.” John Piper stel dit soos volg: "God het my — en jou — geskep om met 'n enkele, allesomvattende, alles-veranderende passie te leef, naamlik 'n passie om God te eer deur sy volmaakte uitnemendheid te geniet en in alle aspekte van ons lewens na te boots.” 



Met ander woorde, ons eer God wanneer ons sy karakter van uitnemendheid naboots en sodoende “die verlossingsdade ... verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig” (1 Petrus 2:9). Ons word omring deur duisternis in 'n wêreld wat desperaat hunker na iets wat uitnemend en opreg is. Ons beroepe is waarskynlik die lewensterrein waar ons die grootste invloed sal hê om Christus se lig deur ons te laat skyn. Wanneer ons ons werk met uitnemendheid doen, het ons die voorreg om God te eer en sy uitnemendheid aan die wêreld om ons te verkondig. Gaan dan heen en doen jou werk vandag met uitnemendheid!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Ministry Of Excellence

Daar is verskeie goeie redes om na uitnemendheid te streef in die werk wat ons doen: Uitnemendheid bevorder ons loopbane, maak ons invloedryk en kan tot geleenthede lei om die evangelie te verkondig. Uit hierdie 3-dag le...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.jordanraynor.com/excellence

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid