Leesplan inligting

Die Bediening van UitnemendheidVoorbeeld

The Ministry Of Excellence

DAG 1 VAN 3

Uitnemendheid in Alles



Een van my gunsteling beskrywings van Jesus kom in Markus 7:37 voor waar daar staan: “Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: ‘Alles wat Hy [Jesus] doen, is goed … ’”. As volgelinge van Christus moet hierdie teksvers ons diep laat nadink. Is ons, wat daarna streef om Jesus se voorbeeld op elke denkbare manier na te volg, in staat om te sê ons doen alles goed? Kan ons sê ons doen alles by die werk en tuis met uitnemendheid?



Die werklikheid is dat ons almal iewers in ons lewens tekortkominge het wanneer ons ons meet aan Jesus se uitnemende standaard. Ek dink dit is vandag selfs nog meer waar as ooit tevore. Waarom? Aangesien ons nou, selfs meer as ooit tevore, die leuens glo dat ons alles moet doen, alles moet wees en alles moet hê. Ons is oordrewe toegewyd, ons is oorweldig en oorwerk. Ons maak geringe vordering in ʼn miljoen verskillende rigtings aangesien ons nie meer in staat is om tuis, of by die werk, onderskeid te tref tussen noodsaaklikhede en onbenullighede nie. Dit is ʼn resep vir middelmatigheid in plaas van uitnemendheid. Ek is van mening dat die probleem vandag ʼn epidemie in die kerk is. 



Waarom moet ons omgee? Enige iets minder as uitnemendheid voldoen nie aan die standaard wat ons roeping as Christene is nie. In 1 Korintiërs 10:31 skryf Paulus: “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” Wyle pastoor dr. James Kennedy het hierdie teksvers omskryf om sodoende sy gemeente tot “uitnemendheid in alles en alles tot eer en verheerliking van God” aan te spoor. Dit is die standaard waartoe ons geroepe is.



Daar is verskeie goeie redes om in alles wat ons doen na uitnemendheid te streef, veral in die beroep wat ons gekies het. Uitnemendheid bevorder ons loopbane, maak ons invloedryk en ʼn aanwins vir die wêreld. Dit kan ook tot geleenthede lei om die evangelie te verkondig. Dit is alles goeie dinge, maar dit mag nie ons belangrikste motivering wees in ons strewe na uitnemendheid in ons beroepe of in die lewenstake waartoe God ons geroep het nie. Ons streef na uitnemendheid ter wille van 'n baie belangriker rede — aangesien uitnemendheid in ons gekose werk die beste wyse is waarop ons God se karakter kan uitbeeld en ons naaste kan dien en liefhê soos onsself. Met ander woorde, uitnemendheid is ons daaglikse verkondiging van die evangelie. Gedurende die volgende twee dae sal ons sien dat ons deur die bediening van uitnemendheid vir God verheerlik, en in ons werk oorvloedig liefde aan ander kan betoon.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Ministry Of Excellence

Daar is verskeie goeie redes om na uitnemendheid te streef in die werk wat ons doen: Uitnemendheid bevorder ons loopbane, maak ons invloedryk en kan tot geleenthede lei om die evangelie te verkondig. Uit hierdie 3-dag le...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.jordanraynor.com/excellence

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid