Leesplan inligting

Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

DAG 6 VAN 7

WAT SÊ JY?



’n Spreekwoordelike meisie is koersvas en weier om moed te verloor.



UITEENSETTING: Een van my grootste uitdagings was nog altyd om iets te begin en nie klaar te maak nie. Elke jaar sou "DIE JAAR" wees wat ek aan my liggaam sou aandag gee en gewig verloor, GEEN vleis meer eet nie, of elke dag vir 30 minute my kitaar speel. Ons begin gewoonlik met die beste bedoelings, maar die werklike uitdaging breek aan wanneer ons koersvas moet bly en volhou met dit wat ons begin het. Nadat 'n mentor my aangemoedig het, het ek begin kitaar speel. Hy het gemeen dat dit werklik tot my sang en skryfwerk sou bydra, en dit van my 'n meer afgeronde kunstenaar sou maak. My doelwit was om in een jaar vlot te kan speel, en ek het geweet die enigste manier om daardie doelwit te bereik, was om koersvas te bly.



Die sleutel om koersvas te wees, is om vooruit te beplan, die koste te bereken (waarin begeef ek myself en wat is ek bereid om op te offer), om vasbeslote te wees en 'n wonderlike ondersteuningstelsel te hê om jou op die pad aan te moedig. Mettertyd kon nie eens my seer vingerpunte my keer om my doelwit te bereik nie. Byna 'n jaar later het ek dit reggekry en kon ek by 'n troue my kitaar (wat ek "Ella" genoem het) speel.



“Sy werk gewillig met haar hande.” Daar is twee dinge waarvoor 'n spreekwoordelike meisie nie bang is nie: om hard te werk en om koersvas te bly. Wanneer jy 'n doelwit het en jy daarin glo, sal jou volharding om ywerig daaraan te werk altyd vir jou sukses bring. Die spreekwoordelike meisie weet ook hoe belangrik dit is om haar te omring met mense wat haar aanmoedig, vir haar lief is en wil sien dat haar lewe suksesvol is. As gevolg hiervan, is ek nou al meer as 'n jaar 'n suksesvolle vegetariër en het ek al van tyd tot tyd by verskeie openbare plekke kitaar gespeel.



Onthou altyd, 'n spreekwoordelike meisie is gereed vir die uitdaging om in elke deel van haar lewe koersvas te wees, want dit sal haar help om haar doelwitte te bereik.



VADER, DIS EK!

My wens is om 'n suksesvolle lewe te lei en ek weet dit verg gewilligheid en om koersvas te bly. Ek dank U dat alle goeie werke by U begin en eindig. Dankie dat U hierdie wonderlike werk van idees in my begin het. Help my om my deel te doen om gedissiplineerd te wees en U te vertrou in wat net U kan doen. In die Naam van Jesus. Amen.



LEEF DIT UIT:

Kom ons wees realisties! Wat stel jy uit om te doen? Stel vir jou 'n nuwe sperdatum. Verdeel die werk deur die aantal dae wat jy voor jou sperdatum het. Vra 'n betroubare vriend om jou in jou proses verantwoordbaar te hou. Spring nou aan die werk! Sukses wag.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

Die Spreekwoordelike Meisie is gevul met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die ...

More

Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid