Leesplan inligting

Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te weesVoorbeeld

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

DAG 1 VAN 7

WAT SÊ JY?



Jy is eintlik van meer waarde as enigiets op aarde en dit beteken jy is van onskatbare waarde.



UITEENSETTING: My kinders is lief vir brood en hoewel ek brood haat, is ek ook daarvoor lief. Ek haat brood veral wanneer hulle dit by restaurante bedien. Ek gee gewoonlik die kelner of kelnerin 'n vies kyk terwyl ek vir myself sê: "Jy weet nou seker jy is verkeerd om my met daardie heerlike, botterige, warm brood te bedien." So aanloklik en smaaklik soos daardie brood is, het dit absoluut geen voedingswaarde nie. Ek het dus begin keer dat die kelners dit vir my bedien. “'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene” (Spreuke 31:10).



Hoe is dit moontlik en wat maak hierdie spreekwoordelike meisie so waardevol? Wat haar waardevol maak, is nie wat van buite sigbaar is nie, maar alles wat sy in verantwoordelikheid van binne bewaar, soos persoonlike stiltetyd met die Vader, gesonde vriendskappe, goeie mentors en selfs gesonde diëte en oefening.



'n Spreekwoordelike meisie moet bereid wees om nie toe te laat dat dinge van geen waarde op haar lewenstafel geplaas word nie, en bereid wees om in kwaliteit "bestanddele" van binne te belê. 'n Spreekwoordelike meisie sorg ook goed vir haarself, want sy weet dat haar liggaam, siel en verstand die tempel van God is.



KWALITEIT BESTANDDELE + KORREKTE SORG = GROOT AANSIEN EN WAARDE. Belê jy in kwaliteit bestanddele en sorg jy korrek vir jou lewe? Al hierdie dinge speel 'n rol om 'n uitstekende en waardevolle jy na vore te bring.



VADER, DIS EK!

Dankie dat U my voorbeeld van grootheid is. U is heeltemal uitnemend. Wys my hoe om 'n persoon van uitnemendheid en groot waarde te wees. Dankie vir die krag om goeie dinge in my lewe te bewaar, en nog groter krag om my rug te keer op dinge wat my waarde benadeel. In die Naam van Jesus. Amen.



LEEF DIT UIT: Staan 'n rukkie af om vyf dinge neer te skryf wat jou waardevol maak en vyf dinge wat jou waarde kan afbreek. Wend 'n bewustelike poging aan om meer betrokke te wees by die dinge wat jou waardevol maak en jou te onttrek van dinge wat jou waarde kan afbreek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Proverbial Girl: Wisdom, Values, and Being Fabulous

Die Spreekwoordelike Meisie is gevul met snaakse, inspirerende en uitdagende verhale wat bestem is om jong dames te leer hoe om NOU soos 'n spreekwoordelike meisie te wandel! Dit word gedoen deur gebruik te maak van die ...

More

Ons wil graag After The Music Stops, LLC vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://store.afterthemusicstops.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid