Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld

Our Daily Bread - Bible Basics

DAG 2 VAN 12

Die Rykdom van die Ou Testament



As jy eers die Ou Testament ontdek het en begin om dit te lees en te bestudeer, sal jy vind dit is vol skatte. Hier is sommige van die redes waarom dit 'n skathuis vol weelde is vir die leser. 



1. Die Ou Testament bied die grondslag vir die hele Bybel. Die Bybel bestaan uit twee dele — die Ou Testament en die Nuwe Testament. Albei is in gelyke mate deel van die Bybel. Albei vertel ons van God. Albei lig ons in oor die basiese waarhede wat ons moet weet. Maar sonder 'n begrip van die Ou Testament kan die Nuwe Testament nie ten volle verstaan of waardeer word nie; sonder die Nuwe is die Oue onvolledig. Die Ou Testament lê die grondslag van waarheid, die Nuwe Testament bou dan die superstruktuur. 



2. Die Ou Testament vertel ons van Jesus Christus. Ons kan nie Christus ten volle verstaan en sy doel om na ons wêreld te kom, sonder om die Ou Testament te bestudeer nie. Dit vertel ons van Hom in woorde, prente en tipes. Dit voorspel dat Hy gaan kom. Dit plaas sy bediening in fokus. Dit gee grafiese vooruitskouings van sy offer vir sonde. Dit gaan verder as vandag om ons te vertel van sy veroordeling van die wêreld en sy komende koninkryk van vrede. Om die waarheid te sê, die Ou Testament vertel ons so baie van Jesus dat sommige Bybelse leermeesters gesê het Christus kan op elke bladsy gesien word. 



3. Die Ou Testament voorsien die grondslag vir geloof in Christus. Die Christelike geloof is gebou op die Ou Testament. Erich Sauer skryf in sy boek The Dawn of World Redemption, die volgende: 



Die Ou Testament is belofte en verwagting, die Nuwe is vervulling en voltooiing. Die Oue is die aanvoering van die menigtes vir die geveg van God, die Nuwe is die triomf van die gekruisigde Een. Die Oue is die dagbreek van die oggend, die Nuwe is die opkomende son en die lig van die ewige dag. 



As die Christendom, die "godsdiens van Christus", vergelyk kan word met 'n manjifieke katedraal, is die Ou Testament die onverstoorbare fondament. 



4. Die Ou Testament help ons om God te ken. Meer as enigiets anders vertel die Ou Testament ons van God. Dit maak Hom bekend op die volgende maniere: 



Feitlike Kennis. Om God te ken moet ons eers van Hom weet. Die Ou Testament onthul sy karakter in die aantekening van sy magtige dade.



Persoonlike Kennis. Die Ou Testament neem ons verby die inligtingstadium en neem ons na die plek waar ons God persoonlik kan ken deur die ervarings en verhoudings van ander wat saam met Hom gestap het. 



Praktiese Kennis. Deur te bou op 'n persoonlike kennis van God, vertel die Ou Testament ons ook hoe om te leef. Dit openbaar sy wil en spel uit watter soort mens Hy wil hê ons moet wees. Deur sy opdragte te gehoorsaam, en te dink soos dit ons vertel om te dink, en deur die Verlosser te aanvaar wat dit aanbied, weet ons hoe om te leef in ons komplekse wêreld.



Om God te ken deur die Ou Testament



Die verhaal van die Ou Testament begin by die skepping en eindig omtrent 400 jaar later voor Jesus Christus se geboorte. Die primêre gebied is Palestina, maar die gebeure vind plaas op verskeie plekke - die paleise van Egipte en Babel; die woestyne van Sinai en Arabië; die berge Ararat, Nebo en Karmel. Alhoewel die primêre fokus op die Jode is, sluit die storie ook baie mense van die wêreld in: Egiptenare, Hetiete, Babiloniërs, Kanaäniete, Siriërs en 'n klomp kleiner groepe. Dit vertel van migrasie, militêre veldtogte, politiese intriges, en romanse. Dit het helde en smeerlappe; diensmeisies en koninginne; profete en digters; regters, priesters en konings. 



Die Ou Testament is geskryf oor 'n tydperk van 1000 jaar (1 400 - 400 v. C.) deur 30 verskillende skrywers. Die historiese aantekeninge strek van die skepping tot by die terugkoms van die Jode vanuit ballingskap in Babilonië. Dit bestaan uit 39 boeke, wat in drie hoof afdelings verdeel mag word: geskiedenis, digkuns en profesie. 



Ons wil graag die deur na die Ou Testament vir jou oopmaak. Ons sal dit doen deur eenvoudig deur die bladsye van sy geskiedenis te stap. Soos ons dit doen, sal ons langs die pad stop om te sien hoe die 39 boeke van die Ou Testament in die historiese patroon inpas. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread - Bible Basics

Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskak...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ChristianUniversity.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid