Leesplan inligting

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship" Voorbeeld

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

DAG 2 VAN 5

Simeon en Anna 


Ja Ek Sal Aanbid Terwyl Ek Wag. 



In vakansietye verwyl ons baie tyd. Net soos verjaarsdae en herdenkings, herinner vakansietye ons dat ons ouer word. Hierdie herinnerings help ons om ons lewens deur 'n wyehoeklens te ondersoek. Dis wanneer ons deur wyehoek- en langbeeldlense kyk, dat ons ons vordering, of gebrek daaraan, ons suksesse en teleurstellings, ons vreugdes en ons lyding, ten volle kan ontbloot. 



In die geval van Simeon en Anna, wys 'n eerlike langbeeldlens-kykie van hul lewens, 'n diep, innerlike benoudheid. Kom ons dink oor hul omstandighede…



Lukas 2:25a



"Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel." 



Lukas 2:36-37a



"Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood het sy 'n weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud."



Anna was al 'n arm weduwee vir ongeveer 50-60 jare. Simeon se derde bepalende eienskap was dat hy "uitgesien het na die koms van die Verlosser van Israel." Die definisie van vertroosting is "troos ontvang van 'n persoon na verlies of 'n teleurstelling." 



Anna het haar lewe lank hoofsaaklik alleen gewoon. Simeon het dwarsdeur sy lewe in die skaduwee van verlies en teleurstelling gelewe. Beide hierdie mense het innerlike lyding beleef. Om innerlik te ly, waar niemand kan sien nie, is waarskynlik van die moeilikste soorte lyding. 



Nogtans het hulle gewag. 



Lukas 2:25b-26



"Die Heilige Gees was op Simeon en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie." 



Ons hou daarvan om die teenwoordigheid van die Heilige Gees te soek in die verrukking van aanbidding, in wonderwerke en in skares. Hier is die Heilige Gees egter teenwoordig in gewag. Trouens, in hierdie sewe kort verse waar na Simeon verwys word, word die Heilige Gees drie keer genoem. Dis amper asof die skrywer 'n klinkklare bewys wil lewer: "Die Heilige Gees is by hierdie ou man wie se lewe deur wag gekenmerk is!"



Simeon se lewe is gekenmerk deur te wag vir troos en te wag vir 'n belofte om waar te word. Vir Simeon het die teenwoordigheid van God gevoel soos God se afwesigheid. 



Om te wag, om die innerlike seer van uitgestelde hoop te ervaar, is nie dieselfde as om God se teenwoordigheid te ervaar nie. In die geval van Simeon en Anna, het hierdie soort wag hulle juis tot aanbidding aangespoor. 



Lukas 2:27



"Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe."



Lukas 2:37b



"Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid."



Hul troos het nie gou gekom nie. Dit het eers na 'n leeftyd van wag gekom. Nogtans het God van hul innerlike seer geweet en was daarin teenwoordig. Al het hulle nie hul hartsbegeerte gehad nie, het hulle vir God gehad. 



Net soos in die geval van Simeon en Anna, is sommige innerlike vure nie bedoel om af te koel nie, maar eerder 'n helder smeltkroes van heiligheid te word. Al word ons geskroei, word ons nie verteer nie. In daardie smeltkroes kan jy die stem van God herken, (verse 34-35) en vanuit daardie smeltkroes kom lofliedere.



Lukas 2:27-30



"Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê:"



"Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel."



Lukas 2:38



"Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het."



Ons wag almal op die terugkeer van Christus, ons finale en ewige troos. Vir sommige is daar ook 'n persoonlike benoudheid, gebore uit 'n persoonlike verlange wat nog nie vervul is nie. Sommige wag al 'n lang tyd vir die seer om weg te gaan. God het egter 'n doel, nie net met die gewag nie, maar ook met die lengte van die wagtyd. 



Waarvoor ons ook al wag, laat ons in aanbidding wag. Kom ons rig ons lied van verlange aan God en kyk hoe Hy dit in 'n loflied verander. 



Oefening en gebed:



Neem 'n stukkie papier en skryf dit neer waarvoor jy wag. Speel dan 'n loflied Cd en bied jou verlange na God aan deur gebed en aanbidding. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend ...

More

Ons wil graag vir Provident bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek https://essentialworship.lnk.to/TqplY3veYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid