Leesplan inligting

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship" Voorbeeld

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

DAG 1 VAN 5

Het Jy Plek Vir Hom?



Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit van kleins af op die een of ander manier of vorm gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend jaar vertel en weer oorvertel is. Met so 'n bekende verhaal, is dit maklik om te dink dat daar niks nuuts is om te leer nie. Tog, die Woord van God is lewend en aktief - wat beteken dit werk in ons op nuwe maniere, elke keer wat ons dit oordink. 



Kom ons oordink hierdie bekende gedeelte uit Lukas: 



Lukas 2:1-7



"In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe. Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie."



'n Wêrelwye sensus vind plaas. Maria en Josef reis 145 kilometers vanaf hul tuisdorp om te gaan registreer. Maria is swanger en nadat sy geboorte geskenk het, is daar geen ander plek as 'n stal waarin sy haar baba kan neerlê nie. Hoe is dit moontlik?



Daar sou mos baie mense soos Josef en Maria wees wat gereis het om vir die sensus te registreer. Betlehem sou volgepak wees van al die vreemdelinge en dit sou 'n besige tyd vir herberge wees. Nogtans ontstaan die vraag—was daar werklik geen herbergier wat bereid was om vir 'n swanger meisie plek te maak nie? 



Was die feit dat die meisie swanger was, dalk juis die rede hoekom "daar geen plek vir hulle in die herberg was nie"? In daardie dae was dit 'n skande om buite die eg swanger te wees, om die minste te sê. Miskien het die herbergier verkies om die skande te vermy deur nie mense van sulke swak reputasie te huisves nie. 



Soos ons egter weet, was Maria geen gewone meisie nie. Sy is uitverkies om aan die Seun van God geboorte te skenk. Die herbergiers het dit natuurlik nie geweet nie, en in die gewoel van hierdie besige tyd twyfel ek of hulle dit te hore sou kom. Om besig te wees, beteken dikwels dat ons aandag te verdeeld is om die geleenthede wat God voor ons oë sit, raak te sien. 



Openbaring 3:20



"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop."



Sonder om dit te weet, het die herbergier die Seun van God weggewys. Al het die vraag hierbo oor Maria en Josef se lippe gekom, het die antwoord God beïnvloed. 



Of ons dit gaan raaksien of nie, Christus se vraag kom op verskeie stil, gewone en persoonlike wyses na ons toe—het jy plek vir My?



Spreuke 16:2



"In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid." 



God soek die antwoord op hierdie vraag in die stil, persoonlike, geheime plekke van ons lewens. Hy kyk in die plekke wat net Hy kan sien. Hy kyk in ons harte. Hy kyk na ons motiewe. Hy sien nie net ons dade nie, Hy sien alles wat tot ons dade aanleiding gee: motief, wens, doel en aksie.



God kyk baie diep. 



Jeremia 17:10



"Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand 


Ek laat die mens kry wat hy verdien, 


wat hom toekom vir wat hy doen."



1 Tessalonisense 2:4



"Nee, God het ons gekeur en die evangelie aan ons toevertrou, en so verkondig ons dit dan ook. Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God verwag, Hy wat ons diepste gedagtes toets."



Romeine 6:17



"Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het."



1 Timoteus 1:5



"Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof kom."



Het ons vir Christus plek in ons lewens? Is die kamers van ons harte reeds vol van ander dinge? Gaan ons deur elke dag terwyl ons Hom in onwaarskynlike plekke soek? 



Het jy 'n plek vir Hom, wat 'n plek vir jou gemaak het? 



Oefening en Gebed:



In die volgende vier dele van hierdie oordenking, gaan ons vier verskillende karakters in Jesus se vroeë lewe ondersoek om te sien hoe hulle hierdie vraag beantwoord het. Voordat jy egter voortgaan, stel jou alarm vir drie minute, sodat jy in stilte kan bid. Luister na die stem van God wat hierdie vraag vir jou vra: "Het jy plek vir My?" Antwoord Hom in jou hart. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend ...

More

Ons wil graag vir Provident bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek https://essentialworship.lnk.to/TqplY3veYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid