Leesplan inligting

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 4 VAN 7

'n Plaaslike kerk het eenkeer 'n sendingreis onderneem om 'n kerk in 'n afgeleë dorpie in Rusland te bou. Hulle het die huis van aanbidding gebou met klippe vanaf 'n verlate Russiese tronk. Wat 'n kragtige toneel!



Daar is versigtig gewerk om die klippe heel te hou. Terwyl hulle besig was om een van die groot klippe te verwyder het hulle 'n uitgeholde klip ontdek met 'n houer binne-in; daar was 'n haastig-geskrewe boodskap in die houer: “Ons is 'n groep Christene wat deur Kommuniste geforseer is om die klippe van ons kerk te neem om 'n tronk te bou, waar ons tot ons dood sal bly. Ons gebed is dat hierdie klippe weer eendag gebruik sal word om 'n kerk te bou.”



Toe Christus uit die dood opgestaan het, het Hy gekies om eerstens aan Maria Magdalena te verskyn. In daardie dae sou die getuienis van 'n vrou nie in die hof aanvaar word nie. Jesus het egter 'n arm vrou uit 'n minderheidsgroep as sy eerste getuie gekies, en aan die wêreld gewys dat so 'n mindere vrou die grootste en mees dominerende ryk in die geskiedenis van die mensdom kon ondermyn, met die beste nuus in die wêreld. Deesdae groei God se koninkryk daagliks met duisende mans en vrouens wat hulle lewens aan God wy, terwyl die Romeinse ryk in puin lê.



Die verhaal van die evangelie is een van gewone mense wat getuig en die buitengewone krag van die opstanding ervaar. Wanneer jy ooit swak en magteloos voel, is die opgestane Christus gereed om sy krag deur jou te openbaar. Alle areas in jou lewe wat onbeduidend voel, is presies die plek waar Christus nog 'n opstandingswonderwerk wil verrig.



Christus het sy grootste wonderwerke onder dıe mees gewone mense verrig, in die mees onbeduidende dorpe en op die mees ongewone tye. Die meeste van sy wonderwerke het nie in die tempel van Jerusalem plaasgevind nie, maar in die buitewyke van klein dorpies. As jy in 'n onbeduidende plek is, mag jy dalk net op die perfekte plek wees vir die opstandingskrag van God om te werk.



Wanneer jy begin om die evangelie elke dag aan jou eie hart te verkondig, sal jy opstandings begin sien op die mees normale en gemiddelde dae, plekke, en mense.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en ev...

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid