Leesplan inligting

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 3 VAN 7

Een van die primêre maniere waarop ons ons siele leer om God lief te hê, is deur die evangelie aan ons siele te verkondig. Hoe meer jou siel die kruis van Jesus sien, hoe meer sal dankbaarheid en aanbidding jou binneste vul. Dit is hoe mense se geaardhede teenoor 'n offer reageer, en dit sal moeilik wees om aan 'n groter offer as Jesus s'n te dink.



As jy deur die wêreld reis, is daar een frase wat aanklank vind by alle kulture — die bekende reël van Psalms 103:1: "Ek wil die Here loof."



Kom ons ontleed hierdie frase. Dawid onderrig sy eie siel deur daarvoor te preek. Dawid het sy siel vertel hoe om te voel en hoe om op die evangelie te reageer: Siel, loof God, of jy dit wil of nie wil doen nie. Hy het nie net 'n mooi strofe gesing nie; hy het met homself gepraat, sy siel uitgedaag om om op te tree. Die Skrif beskryf hierdie gewoonte: "... en toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God (1 Samuel 30:6).



Hierdie pragtige dissipline is werklik 'n verlore kuns in die Christendom. In plaas daarvan om deur jou huidige gemoedstoestand gelei te word, die wispelturige kultuur, mense om jou of selfs meer tragies, deur sosiale media, spreek eerder jou siel aan en vertel dit om na die kruis en die opstanding te kyk. Beveel jou siel om die barmhartigheid van Christus in te drink; Hy wie se gekneusde en versplinterde skouers die gewig van jou sonde gedra het.



Soms moet jy jou siel letterlik dwing om te kyk. Johannes die Doper het aan die mensdom uitgeroep: "Kyk!" of "Julle moet kyk!" Hy het gesê: "Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" (Johannes 1:29). Dit is 'n daaglikse opdrag. Ons moet kyk! Kyk na die kruis waar Jesus ongelooflik gely het vir sonde wat Hy nooit gepleeg het nie, sodat jy uitbundig kan juig in sy geregtigheid, wat jy nooit verdien het nie.



Die evangelie word daaglikse voedsel vir ons siele en versterk ons harte. Dit is baie moeiliker om te kla, jammer te wees vir onsself of beangs te wees, wanneer ons siele die bloed sien wat teen Christus se dorings-deurdringde gesig afloop. Dankbaarheid sal van nature in ons harte opwel as ons dit heeldag doen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en ev...

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid