Leesplan inligting

Gevaarlik InvloedrykVoorbeeld

Dangerously Influential

DAG 4 VAN 5

Wees Invloedryk



Ons het geleer hoe ons invloede verstandig kan kies. As volgelinge van Christus word ons egter ook geroep om invloedryk te wees — selfs gevaarlik invloedryk. 



Jesus sê vir ons dat ons die lig van die wêreld en die sout vir die aarde is. Ons word basies geroep om ander te beïnvloed. Die mikpunt om invloedryk te wees, is egter nie om 'n naam vir onsself te maak nie; dit is om die wêreld na God toe te wys. 



Wat dus van die metafoor oor sout? Histories was sout uiters waardevol. Dit laat voedsel langer hou. Lank gelede het mense sout in wonde gevryf om dit te genees. Dit is waar die uitdrukking: "jy het sout in my wond gevryf," eintlik vandaan kom. Sout is ook in godsdienstige rituele deur die Israeliete in die Ou Testament gebruik. Hulle het sout gebruik om wierook te maak, wat hulle gebruik het om offerandes aan God te bring voordat Jesus die uiteindelike offerande geword het. 



Sout is baie belangrik. Ons weet egter dat net 'n bietjie sout ver kan gaan. Toe Jesus ons dus die sout vir die aarde genoem het, was dit omvangryk. Sout was noodsaaklik vir genesing, bewaring en om mense met God te versoen. Ons lewens is veronderstel om dieselfde te wees. Jesus sê vir ons dat ons lewens moet leef wat terugwys na Hom en sy goedheid. 



Jy het in wese meer invloed as wat jy dink, en jy moet daardie invloed verstandig gebruik. Jy het dalk nie 'n platform nie, maar jy het krag as gevolg van die Naam van Jesus. Jy hoef nie 'n "influencer" te wees om invloed te hê nie. Jy sien mense elke dag by die skool, by die kerk, by die winkel en op soveel plekke wat die genesende krag van Jesus nodig het. Jy is die sout wat hulle na Jesus toe kan lei. 



Wanneer jy vriendelik en liefdevol is met 'n vreemdeling, wanneer jy met daardie kind by die skool praat wat almal spot — dan is jy sout. Jy leef jou invloed uit. God word dan verheerlik as gevolg van jou gehoorsaamheid. 



Uitdaging: Wat is 'n paar maniere waarop jy sout kan wees? Hoe kan jy ander dien en 'n lewe lei wat mense na Jesus toe wys? Kies een ding om op te fokus en doen dit hierdie week.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dangerously Influential

Invloed is oral om ons. Met soveel stemme, hoe kies ons op ‘n wyse manier na wie om te luister? Terselfdertyd word ons geroep om invloedryk te wees. Waar begin ons egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons leer hoe gevaar...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church bedank, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid