Leesplan inligting

Gevaarlik InvloedrykVoorbeeld

Dangerously Influential

DAG 3 VAN 5

Ontwikkel Onderskeidingsvermoë



Stel jou die volgende voor: jou ma vra jou om jou kamer skoon te maak vir die duisendste keer daardie dag, en jy moet dit doen teen die tyd dat sy by die huis kom. Natuurlik stel jy dit uit tot op die laaste nippertjie en moet inderhaas skoonmaak wanneer jy die motorhuisdeur hoor oopgaan. Instinktief weet jy dat jy 'n verkeerde keuse gemaak het. Nie net omdat ma's slim is en 'n sesde sintuig het om te weet wanneer jy jok nie. Jy weet net dat jy verbrou het. Daardie gevoel wat jy kry? Dit is onderskeidingsvermoë deur God se Heilige Gees.



Dieselfde gevoel van onderskeidingsvermoë wat jy kry wanneer jy 'n verkeerde keuse maak, sê ook vir ons watter invloede die moeite werd is om na te luister. Ons moet toelaat dat ons onderskeidingsvermoë bepaal wie of wat ons toelaat om ons te beïnvloed.



Hoe ontwikkel ons dus onderskeidingsvermoë? Hier is drie maniere om dit te doen:



1. Vra ernstige vrae. Die eerste persoon wat ons vra, is God. Wanneer jy invloed ondervind, moet jy God vra of die invloed vir jou goed sal wees of jou sal skaad. As jy God vir wysheid vra, sal Hy dit vir jou gee (Jakobus 1:5). Vra jouself egter ook eerlike vrae. Is die invloed nuttig? Is dit rein, reg of goed? Motiveer dit jou om beter te wees? Oordink hierdie vrae en neem 'n besluit op grond van jou antwoorde.



2. Ontwikkel 'n mening. Nadat jy vrae gevra het, ontwikkel 'n mening. Is die invloed goed vir jou? Of veroorsaak hierdie invloed dat jy 'n slegte gesindheid het, verkeerde keuses maak en jou aandag aflei van goeie dinge wat God vir jou het?



3. Kies hoe om op te tree. Neem die besluit of jy sal toelaat dat iets jou beïnvloed of nie. Hou dan daarby! Moenie jou redes as onbelangrik afmaak of aanhou om daaroor na te dink nie. Behandel jou besluit soos 'n verpligting.



Onthou, jou onderskeidingsvermoë bepaal wie of wat jy toelaat om jou te beïnvloed, en daarom moet jy God vra om vir jou onderskeidingsvermoë te gee en dan daaraan te werk om dit te ontwikkel saam met mense wat jy vertrou.



Uitdaging: Vra God om jou onderskeidingsvermoë te gee. Maak 'n lys van betroubare mense in jou lewe met wie jy gemaklik genoeg is om jou ernstige vrae te deel. Hulle sal jou help om vas te stel watter invloede die moeite werd is om te volg.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dangerously Influential

Invloed is oral om ons. Met soveel stemme, hoe kies ons op ‘n wyse manier na wie om te luister? Terselfdertyd word ons geroep om invloedryk te wees. Waar begin ons egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons leer hoe gevaar...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church bedank, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid