Leesplan inligting

Raak Ontslae van VreesVoorbeeld

Get Rid Of Fear

DAG 3 VAN 3

Was jy al ooit in 'n vliegtuig wat deur erg, onstuimige lugstrome gevlieg het? Dit het dalk voorgekom asof die vliegtuig 'n bietjie buite beheer is, en jy was seker ook senuweeagtig. As jou sitplekgordel reeds vas was, het jy dit dalk 'n bietjie stywer getrek. Jy het moontlik ook die armleunings stywer vasgehou. Jy mag dalk 'n bietjie verontrus gevoel het, want jy hang vir oomblikke in lugleegtes. Miskien het jy dieselfde reël in jou boek oor en oor begin lees, want die onstuimige lugstrome het jou van stryk gebring.



Dan kondig die kaptein aan: "Ons ondervind onstuimige lugstrome, dus gaan ons die hoogte aanpas om in egaliger lug te vlieg." Jou probleem het nie verdwyn nie. Die onstuimigheid was nog steeds daar. Jy het waarskynlik diep asemgehaal, ontspan en weer jou boek begin gelees. Oor die algemeen het jy gemakliker gevoel omdat jy nie meer op die onstuimigheid gefokus het nie, maar wel op die aankondiging van die kaptein.



Wanneer jy jou fokus verskuif van dit waarvoor jy bang is en op God fokus — die Een wat ons lewens met sekerheid beheer — sal jy voel hoe jou vrese verdwyn.



Genadige Here, ek wil my vertroue in U plaas wanneer ek bang is. Sal U alles wat ek nodig het aan my verskaf — die gedagtes, die waarheid en die bemoediging — om dit werklik te doen? U is nie 'n God van verwarring nie, maar eerder 'n God van vrede. Wanneer ek nie vrede ondervind nie, is dit omdat ek afstand tussen my en u teenwoordigheid toegelaat het. Bemagtig my sodat ek in U sal bly, u woorde in my en dat ek u vrede ten volle kan ondervind. In die Naam van Christus. Amen.



Het jy vandag se oordenking en gebed geniet? Delf dieper in wat vandag bespreek is deur drie mp3-preke van Tony Evans by hierdie skakel af te laai. Besoek die skakel hier.  
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Get Rid Of Fear

Jy kan gevoelens van vrees oorkom. In hierdie insiggewende leesplan lei dr. Tony Evans jou op die pad na vryheid. Wanneer jy die beginsels wat in hierdie leesplan voorgestel word toepas, sal jy 'n lewe van geluk en vrede...

More

Baie dankie aan Harvest House Publishers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://go.tonyevans.org/addiction

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid