Leesplan inligting

Raak Ontslae van VreesVoorbeeld

Get Rid Of Fear

DAG 1 VAN 3

Is jy gereed om te leer hoe om die vesting van vrees af te breek wat die vyand in jou hart en denke opgerig het? Jesus gee vir jou die antwoord. Jy moet jou prioriteite verander. Dit is presies waarvan Hy in Matteus 6:33 praat het toe Hy gesê het: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."



Met ander woorde, as jy jou tyd en energie gebruik om jouself in ooreenstemming te bring met wat God doen deur die bevordering van sy koninkryk op die aarde, belowe Hy om om te sien na die ander dinge in die lewe wat jou bang en bekommerd mag maak. Jesus beklemtoon dit wanneer Hy sê: "Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie" (Matteus 6: 34).



God gee dag vir dag vir jou genade. Hy sal nie môre se genade vandag vir jou gee nie, jy het dit nie vandag nodig nie. Waarom? Want sy Woord sê vir ons: "... daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot" (Klaagliedere 3:22-23). As jy dus bang en bekommerd is oor wat môre gaan gebeur, sê jy eintlik vir God jy vertrou Hom nie. Jy sê vir Hom Hy is nie waardig om vertrou te word nie. Jy stuur ook jou eie gedagtes in 'n wentelbaan van pyn en vrees wat jou afhanklike gedrag sal verleng in plaas daarvan dat dit jou help om dit te oorkom. As jy vir môre bang is, is verloor jy vandag jou vrede en oorwinning. Laat dit vaar.



Genadige Here, help my om bewus te wees wanneer vrees my gedagtes binnekom. Help my om hierdie gedagtes gevange te neem voordat dit vermeerder en groei. Gee my die wysheid om wat rasioneel is te onderskei van wat irrasioneel is, en gee vir my die vermoë om U in alle dinge te vertrou. Ek wil my vrese aan U oorgee, gee my dus asseblief die genade om dit vandag en elke dag te doen. In die Naam van Christus. Amen.



Het jy vandag se oordenking en gebed geniet? Delf dieper in wat vandag bespreek is deur drie mp3-preke van Tony Evans by hierdie skakel af te laai. Besoek die skakel hier.  
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Get Rid Of Fear

Jy kan gevoelens van vrees oorkom. In hierdie insiggewende leesplan lei dr. Tony Evans jou op die pad na vryheid. Wanneer jy die beginsels wat in hierdie leesplan voorgestel word toepas, sal jy 'n lewe van geluk en vrede...

More

Baie dankie aan Harvest House Publishers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://go.tonyevans.org/addiction

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid