Leesplan inligting

Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6Voorbeeld

Challenges Of Holding Fast—Jesus Is Greater Series #6

DAG 5 VAN 5

Moet Nooit, Nooit, Nooit Moed Verloor Nie  


Gedagtes oor die Woord



Die meeste mense sukkel wanneer ons 'n laagtepunt bereik — wanneer dinge sleg gaan. Dit is wanneer ons moed verloor of God bevraagteken. Hierdie mense staar dieselfde dinge in die gesig — hulle kom voor moeilike tye te staan en bevraagteken hulle geloof. Moet egter nooit moed verloor nie! Nooit. Nooit.



Volgende is 'n diepe ondersoek na wat geloof is en hoe die mense van ouds in geloof gewandel het. 



Lees Hebreërs 11 as 'n oorsig.



Gebed



Vader ons verloor so maklik dinge uit die oog wanneer ons 'n laagtepunt bereik. Ek vergeet wat ek op die bergpiek gesien het. Wat toe soveel sin gemaak het, maak nou skielik nie meer nie. U wil regtig hê ons moet 'n volk wees wat glo. Dit is so moeilik — ons wil sien; ons wil hê dit moet sin maak.



Wanneer ek die bergpiek bereik, weet ek dit sal sin maak. Help my dus om getrou te wees totdat ek daar kom. Help my om aan te hou doen wat reg is, wat tot U eer strek, en te doen wat U my vra — elke dag. Ek wil iemand wees na wie mense kan kyk vir bemoediging, net soos die mense in hoofstuk 11.



In die Naam van Jesus. Amen.



Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Challenges Of Holding Fast—Jesus Is Greater Series #6

Om met God te wandel is nie maklik nie. Wanneer ons kies om God met ons hele hart te volg, word dinge moeiliker. Wat hou ons op hierdie pad? Hoekom kies ons om saam met Hom op reis te gaan? Die antwoord: JESUS IS GROTER!...

More

Ons wil graag vir Al Ain Evangelical Church bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid