Leesplan inligting

Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6Voorbeeld

Challenges Of Holding Fast—Jesus Is Greater Series #6

DAG 2 VAN 5

Vergifnis in Ons Harte Geskryf  


Gedagtes oor die Woord



Sleutelgedagtes.



· Die ou metode was baie ingewikkeld omdat dit nie maklik was om in die teenwoordigheid van die Heilige God te kom nie. Dit is alles in die verlede.



· God se waarheid is nou op ons harte geskryf — ons weet wat is reg. Die Heilige Gees in ons het dit in ons harte geskryf.



· Al die sondes wat ons gepleeg het, sal nooit deur God onthou word nie. HALLELUJA!



Wees dus bly dat ons verlede vir ewig bedek is. Wees bly dat ons God se waarheid ken — en die Gees van God werk in ons om ons die waarheid te leer. 



Luister net mooi.



Gebed



Vader, die boek Hebreërs was soms 'n bietjie ingewikkeld. Tog sien ek Jesus soos ek Hom nooit vantevore gesien het nie. Hy is soveel groter as enigiets waaraan ek in hierdie wêreld probeer vashou. Help my om nooit aan Jesus en ... iets anders tegelykertyd probeer vashou nie.



Dankie dat U die moeilike pad na u teenwoordigheid 'n eenvoudige pad gemaak het. Soms lyk dit eenvoudig, maar agter die eenvoudige waarhede is diep en goed-voorbereide strategieë.



Vandag wy ek net tyd daaraan om U te dank dat my sonde vergewe is, my verlede verwyder is en my gewete skuldvry is; ek het u waarheid in my hart en ek leef met vertroue dat ek 'n geseënde, ewige toekoms het.



Alles as gevolg van Jesus.



Dankie. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Challenges Of Holding Fast—Jesus Is Greater Series #6

Om met God te wandel is nie maklik nie. Wanneer ons kies om God met ons hele hart te volg, word dinge moeiliker. Wat hou ons op hierdie pad? Hoekom kies ons om saam met Hom op reis te gaan? Die antwoord: JESUS IS GROTER!...

More

Ons wil graag vir Al Ain Evangelical Church bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid