Leesplan inligting

Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel BookerVoorbeeld

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

DAG 3 VAN 7

Dag Drie


Skoonheid in ruil vir As


Skrifgedeelte: Jesaja 61:3





Jy sal dít ondervind terwyl jy treur: Sommige dae sal jy die krag hê om diep in Jesus te duik — en hy sal jou daar ontmoet. Ander dae sal jy beswaarlik 'n kopknip in sy rigting kan baasraak — en hy sal jou ook daar ontmoet. God se genade is groot genoeg vir albei. 



Hy is nie van ons krag, stamina, akkuraatheid, of geestelike spiere afhanklik nie. Al wat nodig is, is ons geringste begeerte, ons flouste ja en Hy sal ons nadertrek. Ons swakheid stel sy krag vry. Sy mag is gesetel in ons afhanklikheid. Mense het 'n merkwaardige vermoë om swaarkry te verduur wanneer hulle van hulle innerlike krag gebruikmaak, maar wanneer die bron van jou innerlike krag van iets — Iemand — groter as jyself kom, is die opgaartenk ontsaglik groter as wat jy ooit durf dink. 



Lyding kies nie die swakke of die sterke, die gelowige of ongelowige nie. Dit kies die mens. Wanneer jy oorweldig word deur golwe groter as jou vermoë om bo die oppervlak te bly, moet jy jou hart toelaat om die pyn te voel tot op die bodem, sodat, wanneer jy daar kom, jy kan besef dat jy nog lewe. Daar is nog hoop. Dit is van die bodem af wat ons heling begin, opwaarts tot by die oppervlak. Die menslike hart is broos, ja, maar dit het ook 'n groter herstelvermoë as waarvoor ons dit erkenning gee.



Die dieptes is nie ons vyand of iets wat ons moet vermy nie. Maar dit verg ons aandag. Dit maak nie saak watter vorm dit aanneem nie, lyding verg altyd ons aandag. Dit sal nie verlig word deur vergelyking van meer of minder lyding, of selfs jou begrip daarvan nie. Jou pyn is jou pyn en dit verdien die waardigheid om erken te word, want dit is waar heling begin. 



Om ons lyding by die naam te noem, beteken nie dat dit bepaal wie ons is nie. Eintlik beteken dit om ons behoefte in Jesus se teenwoordigheid eerlik te erken. Ons nederigheid maak ons vry om sy genade te ontvang. Dis sy skoonheid in ruil vir ons as — die beste ruil, God se antwoord op ons pyn. 



Ons huidige lyding is die beste aanmaning dat die lewe meer uitdeel as wat ons kan hanteer, wat presies die rede is hoekom ons Jesus nodig het. 






Het jy al die krag gevoel om "diep te duik"? (Hoekom of hoekom nie?) Op watter maniere het jou verdriet 'n invloed op jou verhouding met God?





Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://adrielbooker.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid