Leesplan inligting

Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel BookerVoorbeeld

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

DAG 1 VAN 7

Dag Een


In die Diepte in


Skrifgedeelte: Klaagliedere 3:19-24





Miskien is jou verdriet vars en rou en steier jy nog onder die versmorende slag van 'n onlangse miskraam. Of miskien het jy lank gelede 'n geheime verdriet begrawe maar iets binne-in jou dring jou weer om die pyn te ervaar. Ek kan nie die "hoekom" van jou miskraam beantwoord nie, maar ek kan jou pyn bevestig en jou help om jou pyn en verdriet te verstaan. Ek wil my arm in joune haak in die hoop dat ons saam kan uitsien na die dag wanneer Jesus alle dinge nuut sal maak. 



Ek het iets in die vroeë dae na my eerste miskraam ontdek wanneer verdriet my met ongelooflike krag getref het: As ek nie diep geduik het nie, sou die golwe van verdriet my heeltemal ondergekry het. In branderplankry word dit "eend duik" genoem. Die apostel Paulus het dit "met Christus in God verborge" genoem (Kolossense 3:3).



Ek noem dit oorlewing. 



Terwyl ek my eie diep duik begin oefen het nadat ek ons dogter, Scarlett Grace, deur 'n miskraam verloor het, en toe nog twee babas verloor het, het ek ontdek dit was eintlik meer as oorlewing. Dit was 'n uitnodiging: Sou ek Jesus in die dieptes vind? 



Dit is normaal om met vrae gevul te wees wanneer ons persoonlike trauma ondervind. Wat het ek gedoen om dit te verdien? Is dit my skuld? Hoekom sou God toelaat dat dit gebeur? Straf Hy my vir iets? Wat as God nie is wie ek gedink het Hy is nie? Hoe kan ek met my lewe aangaan soos ek dit voorheen geken het? Sal ek ooit weer normaal voel? Is God — of sy goedheid — ooit werklik? Wat as my hele geloof 'n bedrogspul was? 



Omdat die verdriet van 'n miskraam gereeld onuitgesproke gaan, kan hierdie soort vrae die siel en selfvertroue van 'n vrou wegvreet terwyl sy probeer om die las daarvan in die geheim te dra. Ek moet jou egter sê: Dit mag onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen. Jy kan verloor en rou en hoop. Die krag van verdriet kan, en soms sal dit, ons voete onder ons uitslaan. Maar ons kan leer hoe om in die dieptes asem te haal. Ons mag selfs leer om ons oë daar oop te maak. Ons kan rou met hoop. Ons harte kan gebroke wees of selfs verpletter, maar ons sal nie vernietig word nie. Ons mag selfs vind dat, in ons swakheid, ons sterker is as wat ons durf dink. 






Watter vrae het jy juis nou oor jou verlies? Oorweeg om dit neer te skryf.





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope After Miscarriage And Loss By Adriel Booker

Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor...

More

Baie dankie aan Baker Publishing wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://adrielbooker.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid