Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 7 VAN 7

Regdeur die geskiedenis, wanneer leiers van populêre bewegings gesterf het, sou hulle volgelinge saamgestaan het om die boodskappe en missies lewendig te hou. Dit was die geval met leiers soos die profeet Muhammad en Dr. Martin Luther King, Jr.

Maar toe Jesus gekruisig is, het die beweging tot `n skrillende stilstand gekom. Die missie het saam met Hom gesterf, want Hy wás die missie. Jesus het nie sy beweging gelanseer rondom `n nuwe lys van glo die volgende dinge nie. In die middelpunt van sy leerstellings was `n enkele glo in. Jesus het sy volgelinge gevra om in Hom te glo. Nie in sy idees nie. In Hom. Dit reflekteer in die mees populêre stelling in die Bybel: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Jesus het nie gekom om sy volgelinge agter te laat met `n versameling van wyse woorde en gelykenisse nie. Van begin tot einde, was Jesus se missie … Jesus. So dit behoort as geen verrassing te kom nie, dat toe sy dissipels aanskou het hoe Hy sterf, hul aanskou het hoe hul beweging saam met Hom gesterf het. Messiasse sterf nie. Seuns van God kan nie doodgemaak word nie. Maar daar was Hy. Vasgespyker aan `n kruis.

Toe Jesus sterf, het niemand geglo dat Hy wás wie Hy gesê het Hy was nie.

Daar was geen Christene oor nie.

Tog, die dissipels wat Hom verlaat het na sy dood, was dieselfde mense wat later hul lewens gewaag het om ander van Hom te vertel. En hier is ons besig om Hom te bespreek, twee duisend jaar later. Die skarnier, die ding wat die groot verskil gemaak het, was nie iets wat Jesus geleer het nie. Dit was iets wat Jesus gedoen het – Hy het weer lewendig geword.

Christene glo nie dat Jesus uit die dood opgestaan het omdat die Bybel so sê nie. Christene glo dat Jesus uit die dood opgestaan het omdat Matteus en Johannes, ooggetuies, so sê. Ons glo omdat Lukas, `n eerste-eeuse dokter, die gebeure rondom Jesus se lewe en dood ondersoek het en tot die slotsom gekom het dat Hy uit die dood opgewek is. Selfs Paulus, `n berugte vervolger van Christene, het tot geloof gekom dat Jesus die Seun van God was wat uit die dood opgewek is.

Om Jesus te volg, vereis geloof. Meer spesifiek, vereis dit geloof in Jesus. Nie die leerstelllings van Jesus nie — die persoon van Jesus. In die middelpunt van die Christendom staan `n gebeurtenis wat bevestig is deur ooggetuies wat hul geloof verloor het toe Jesus gesterf het, maar dit teruggekry het toe Hy uit die dood opgestaan het. Die fondasie van die Christendom is nie `n lys van glo die volgende dinge nie, maar `n enkele vertrou in.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid