Leesplan inligting

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese PersoonVoorbeeld

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

DAG 1 VAN 7

Vra enigiemand `n vraag oor geloof, God of Jesus, en dit is waarskynlik dat die antwoord sal begin met, “Die Bybel sê.”  Toe ons ses jaar oud was, was “Die Bybel sê”-antwoorde genoeg.  As God `n boek geskryf het, was daar geen rede om uit te daag wat dit sê nie. 


Maar vir sommige van ons, het “Die Bybel sê” problematies geraak êrens Noord van ons agtiende verjaarsdag. `n Storieboek van wonderwerke bly net nie staande teenoor die tawwe vrae van die grootmenswêreld nie — vrae soos, Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?  Hoekom belyn wetenskap en godsdiens nie?  Hoekom bly soveel boosheid skynbaar ongestraf?


As dít ook jou vrae is — as jy twyfel oor God, of skepties is oor die Ou Testament se stories wat so baie na feëverhale klink –is hier bietjie goeie nuus: honderdduisende mans en vrouens het geloof gevind selfs nog voordat die Bybel bestaan het.  Die beginpunt vir hulle geloof was nie “Die Bybel sê” nie. Dit was iets totaal anders, iets wat, duisende jare later, steeds die beste beginpunt vir ons is.


Vandag se Skrifgedeelte, wat deel is van `n toespraak wat die apostel Paulus voor `n groep filosowe in Athene gelewer het, bied vir ons `n leidraad oor wat daardie beginpunt is. Eerstens, is dit belangrik om te weet dat indien jy twyfel oor Jesus, is Paulus jou man. Hy was so skepties oor Jesus dat hy as’t ware Jesus-navolgers gejaag en gearresteer het. Maar iets het Paulus se kop geswaai, en dit mag dalk net joune ook swaai. 


In sy toespraak, het Paulus sy mees oortuigende verduideliking gelewer oor hoekom die mans in die gehoor  moes glo dat Jesus as’t ware die Seun van God was.  En die beginpunt wat hy vir hulle gegee het, was nie Jesus se leringe of selfs die bewys van sy wonderwerke nie.  Paulus sê dat die enigste bewys wat nodig was, die feit was dat Jesus uit die dood opgewek is. 


Vir enige van ons wat geloof wil ontdek, is die beste beginpunt nie geloof in `n boek nie.  Dit is geloof in `n persoon.  Meer spesifiek, is dit geloof in wat gebeur het met daardie persoon drie dae nadat Hy gesterf het.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon

As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.startingpoint.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid