Leesplan inligting

'n God Wat Getrou isVoorbeeld

A God Who Is Faithful

DAG 4 VAN 7


'n Geskiedenis van Getrouheid



Dit is duidelik wie die toehoorders van Psalm 105 is: "julle nageslag van Abraham, sy dienaar, die nakomelinge van Jakob ..." (vers 6). God se mense moes hierdie woorde hoor en daarop ag slaan.



Die Israeliete het blykbaar aan geestelike geheueverlies gely. Die psalmkrywer begin dus by Abraham en en vertel van God se getrouheid in 45 verse. Die God van Israel het niemand toegelaat om hulle te onderdruk nie (verse 14 - 15). Die woord van die Here is vervul met die verskyning van Josef (verse 17 - 22). Die Here het sy volk vrugbaar gemaak, talryker as hulle vyande (vers 24). Toe hulle slawe geword het, het God vir Moses gestuur (vers 26).



Alhoewel die Psalm verskeie name noem, bly God die hoofkarakter. Dit was God wat hulle kragtig van die Farao verlos het (verse 27 - 38). Al sluit hierdie Psalm net die hoogtepunte van Israel se geskiedenis in, is dit duidelik dat geen doel van God misluk het nie.



Die psalmkrywer begin met Abraham. Nietemin het Jesus duidelik in die evangelie van Johannes as volg verklaar: "... Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is" (Johannes 8:58). Die middelpunt van God se getrouheid is nie slegs voorafgegaan deur die vader van Israel nie, maar al God se beloftes is uiteindelik in Hom met 'n "ja" bevestig (2 Korintiërs 1:20). God onthou sy verbond; God se mense onthou sy wonderwerke (Psalm 105:5 - 11).



Vandag se Gebed:


Jesus, ek wil nooit aan geestelike geheueverlies ly nie. Help my om altyd alles te onthou wat U vir my gedoen het en alles wat U belowe het om nog te doen. Amen.



Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A God Who Is Faithful

Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnsp...

More

Baie dankie aan Louie Giglio, Passion Uitgewers en HarperCollins vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://bibl.es/YV-TJB-Faithful_God

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid