Leesplan inligting

'n God Wat Getrou isVoorbeeld

A God Who Is Faithful

DAG 1 VAN 7

  


'n Getroue God en Ontroue Mense


Ons sien in die boek Rigters 'n skrille kontras tussen die getrouheid van God en die ontrouheid van sy mense. Dit is verstommend om te sien dat daar, so kort na hulle wonderlike verlossing uit Egipte, 'n geslag op die toneel verskyn wat nie weet van God of dit wat Hy vir hulle gedoen het nie. Die einste nasie wat 'n getuie van die verstommende mag van God was, het nou heeltemal van Hom vergeet. Hulle vergeetagtigheid word gesien in 'n toenemende geneigdheid om teen Hom in opstand te kom.



'n Mens sou verwag dat hulle sonde God sou aanspoor om vir altyd sy rug op sy mense te draai. Nietemin reageer God keer op keer met 'n stortvloed van genade op die ontrouheid van die mense. In werklikheid getuig die tekste juis van God se medelye met die mense en sy sorgsame reaksie op hul hulpgeroep. Vroeër het Moses vertel hoe God se volk oor hulle slawerny gekla het en tot die Here geroep het (Eksodus 2:23 - 25). God het op hul hulpgeroep om verlossing geantwoord. Hy het hulle geroep gehoor. Hy het die beloftes onthou wat Hy in sy verbond met hulle gemaak het. Hy het hulle nood gesien en was bewus van hulle pyn. Dit is die aard van God se getrouheid — Hy hoor, onthou, sien en weet.



Eeue later, hoor God steeds die geroep van sy volk en voorsien Hy rigters om hulle na oorwinning te lei. Hy doen dit ondanks die feit dat hulle voortdurend bewys het dat hulle nie in staat was om, selfs net vir 'n geslag, gehoorsaam te wees nie. God se getrouheid hang duidelik nie af van die goedheid van sy volk nie. God se getrouheid is eerder op sy karakter gegrond. Hy is 'n getroue God wat altyd sy beloftes hou.



God se getrouheid is die hoop waarop die Christen se lewe gebou is. Hulle wat Jesus deur bekering en geloof ken, kan gerus wees dat God sy beloftes hou (1 Korintiërs 1:9). Hy sal sy volk nie in die steek laat of sy rug op hulle draai wanneer hulle ontrou is nie. Inteendeel, Hy hoor, onthou, sien en weet. Hy hoor die geroep om genade van diegene wat weet dat hulle gebroke is. Hy onthou sy verbond wat Hy lank gelede met Abraham gemaak het om sy volk te red. Hy ken die behoeftes van sy mense en op grond van Christus se werk, het Hy voorsiening gemaak om in daardie behoeftes te voorsien en hul verhouding met Hom vir ewig te herstel.



Vandag se gebed: 



Jesus, ek dank U en loof U vir u genade en getrouheid. Dankie dat U nooit moed opgee met my nie, selfs wanneer ek ondankbaar en opstandig is en u goedheid vergeet. Amen.





Hierdie oordenking is 'n uittreksel uit Die "Jesus Bible", NIV Uitgawe 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A God Who Is Faithful

Hierdie leesplan gee voorbeelde van hoe God, regdeur die Bybel, aan sy geloftes getrou bly. Insigte en oordenkings kom uit die "Jesus Bible". Hierdie week sal jy deur die genade van God en die getrouheid van Jesus geïnsp...

More

Baie dankie aan Louie Giglio, Passion Uitgewers en HarperCollins vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://bibl.es/YV-TJB-Faithful_God

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid