Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 9 VAN 27

Lees: Jakobus 1:22-27

SOAP: Jakobus 1:22-27

Jakobus skryf oor die belangrikheid van liefde in aksie. Ons is die meeste soos God wanneer ons gee, deel, troos, bid en ander ondersteun wat dit nie kan of wil terugbewys nie. Hierdie onbaatsugtige aksie is die bewys dat ons volgelinge van Jesus is. Gelowiges moet Jesus reflekteer en verteenwoordig, deur toe te laat dat Sy opofferende liefde uitgestort word deur ons aksies.

Wat leer jou aksies, gedrag en gewoontes ander oor Jesus? Die ware bewys van 'n gelowige se geloof is nie in wat sy sê sy glo nie, maar in hoe sy dít wat sy glo uitleef. As gelowiges nie versigtig is nie, kan ons om God se waarheid te ken, verwar met om God se waarheid te leef. 

Vader God, U demonstreer daagliks aktief onvoorwaardelike en onbaatsugtige liefde vir my. Here, help my om ander in woord, aksie en daad lief te hê. Here, beskerm my van die bedrog van om U Woord te ken, maar dit nie te gehoorsaam nie. Maak my bewus van enige van my aksies wat U verkeerdelik verteenwoordig. Here, leer my om lief te hê soos U liefhet. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid