Leesplan inligting

JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 8 VAN 27

Lees: Jakobus 1:19-21

SOAP: Jakobus 1:19-21

Omdat gelowiges God se goedheid en geregtigheid ontvang het, het ons 'n verantwoordelikheid om ons spraak, ons gesindheid en ons gedrag te beheer. Elke woord wat ons sê en elke aksie wat ons neem, begin in ons harte. Wanneer ons die versoeking ervaar om in woede en ongeregtigheid uiting te gee aan ons gevoelens en ons emosies, moet ons ons harte stilmaak, rustig raak en na God luister oor wat Hy wil hê ons moet sê en doen. 

In watter omstandighede word jy deur jou emosies, jou temperament en jou gesindheid gelei? Gelowiges moet God se krag soek om ons agenda en ons selfgesentreerdheid oor te gee, in ruil vir Sy nederigheid, Sy medelye, en Sy barmhartigheid teenoor ander.  

Vader God, vermeerder U liefde in my. Here, help my dat my woorde en aksies die goedheid, welwillendheid en barmhartigheid van U hart wys. Here, keer dat ek meegesleur word in negatiewe emosies en gesindhede. Help my om nederig enige slegte of ontoepaslike gedagtes of gesindhede af te lê. Here, help my om U te eer in alles wat ek sê en doen. In Jesus se naam. Amen.     

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studi...

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid