Leesplan inligting

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John PiperVoorbeeld

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

DAG 4 VAN 6

Almal van ons is onderworpe aan God se regverdige veroordeling


Ons almal het die grootheid van God verkleineer.  Hoe?  Deur ander dinge bokant Hom te stel.  Deur ons ondankbaarheid, wantroue en ongehoorsaamheid.  So, God is regverdig deur ons vir ewig uit te sluit van die genot van sy heerlikheid.  "Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte…" (2 Tessalonisense 1:9).


Die woord “hel" word veertien keer in die Nuwe Testament gebruik, twaalf keer deur Jesus self.  Dit is nie `n mite wat deur somber en kwaai predikers geskep is nie.  Dit is `n plegtige waarskuwing deur die Seun van God, wat gesterf het om sondaars te verlos van die vloek van sonde.  Ons ignoreer dit met ernstige risiko tot gevolg.


As die Bybel hier gestop het in sy ontleding van die menslike toestand, sou ons almal verdoem gewees het tot `n hooplose toekoms.  Maar, dit is nie waar dit stop nie...

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees.  Dit is onafwendbaar.  Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word?  Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra.  En die ant...

More

Ons wil graag John Piper/Desiring God bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.desiringgod.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid